Transcription of Saamgestel deur: Pieter L van der Merwe - …
1 SA-GENEALOGIE Poslys Argiewe 2008 Jaargang V Maand 8 Augustus 2008 Saamgestel deur: Pieter L van der Merwe KWYTSKELDING Hierdie argief is nie n amptelike, wetlike dokument nie, maar n samestelling van die e-posse van verskillende lede van die SA Genealogie Gesprekslys soos dit gedurende die tydperk ingestuur was. Die lyseienaars en hulle bestuurspan aanvaar dus geen aanspreeklikheid vir die korrektheid van gegewens, sienings oor bepaalde gebeure, interpretasie en samestelling van familieverwantskappe, of vir enige aksies of verlies wat daaruit mag voortspruit nie, en stel voor dat persone wat hierdie bron gebruik, self eers die gegewens kontroleer.
2 Augustus 2008 Bundels Onderwerp: [SA-Gen] Bundel Nommer 3343 Datum: Saturday, August 02, 2008 Daar is 16 boodskappe in hierdie uitgawe Onderwerpe in hierdie bundel: 1a. Re: Afsterwe - Roof From: Jan Cilliers 1b. Re: Afsterwe - Roof From: Nic van Helsdingen 2a. Ou koeie 2. Oormerk en Brandmerk From: Elmien Wood 2b. Re: Ou koeie 2. Oormerk en Brandmerk From: Eureka Combrink 2c. Re: Ou koeie 2. Oormerk en Brandmerk From: 3. Harde skywe en rugsteun From: Johan Pottas 4. LOMBARD hulp From: Johann vd Berg 5a.
3 SA besoek From: Martin Knoetze 5b. Re: SA besoek From: Louis Hurn 6. [Koerant] Die Burger Oos-Kaap 01 Aug 2008 From: P Marx 7a. Re: GENETIESE SAMESTELLING VAN VOLKE From: Ben Cilliers 8. Re: Afsterwe van my broer, Nicolaas SWART From: annamariefolkus Begrafnisbriewe From: Fanie Blignaut 10. (Koerant) Beeld 01 Aug. 2008 From: Fanie Blignaut 11. Dorothy Coley From: Willemine J Lieuwes 12. afsterwe Annamarie broer From: Willemine J Lieuwes Boodskap 1a. Re: Afsterwe - Roof Posted by: "Jan Cilliers" jan_cilliers Fri Aug 1, 2008 2:52 am (PDT) Hallo Annemarie Ek en Helma wil ook net graag ons diepste meegevoel betuig en sal in ons gebede aan julle dink!
4 Jan en Helma Cilliers Boodskap 1b. Re: Afsterwe - Roof Posted by: "Nic van Helsdingen" grootbeer2000 Fri Aug 1, 2008 5:20 am (PDT) Annamarie My innige simpatie. Dit is so swaar vir die wat agter bly, veral so 'n sinnelose dood soos hierdie - geen woorde kan dit beskryf nie. Al wat ek kan doen is om vir jou en jou gesin te bid, en Ons Here te vra om julle, in die dae wat kom, die krag en vertroosting te gee, wat julle nodig het. Sterkte, Jean van Helsdingen. Boodskap 2a. Ou koeie 2. Oormerk en Brandmerk Posted by: "Elmien Wood" Fri Aug 1, 2008 4:07 am (PDT) Ons het 'n wonderlike bespreking gehad oor oormerke en brandmerke, maar na 'n tydjie het dit ongelukkig uitfaseer.
5 Ek wou nog die hele tyd vir Elana Kitching, Janet Melville en Dirk Bloem antwoord. Daar bestaan wel 'n register, Rita het vir my bladsye uit die register van Natal gestuur. En wat werklik erg is, is dat in die moderne Suid-Afrika die ore van diere sommer afgesny word! My tuinman het koeie in die Transkei en hy sukkel so met veediefstal. Maar dit lyk vir my in sy geval loop die koeie elke keer sommer vanself terug! Ek was so verbaas toe ek in Salt Lake City 'n Amerikaanse genealogiese tydskrif koop en 'n artikel oor dieselfde onderwerp raakloop.
6 Dit net 'n paar maande (of weke) nadat ons daaroor gepraat het! Vanoggend het ek nou vir 'n laaaaang tyd na die artikel gesoek. Net voor ek moed opgee, kry ek dit toe in die sewende tydskrif wat ek deurblaai. "Another Iron in the Fire": Using Mark and Brand Records in Genealogy. David A. Norris. Family Chronicle, April 2008, p. 35 - 37. Die ou Egiptenare het al 4,000 jaar gelede simbole op hulle osse gebrand. Die vierkant, driehoek, halfsirkel en nog 'n paar vorms word dan op een of altwee ore aangebring word. Dit gee blykbaar genoeg variasie sodat elke skaapeienaar 'n unieke oormerk kan kry.
7 Nou wie het gedink dat genealogie van land tot land verskil? Groete Elmien Boodskap 2b. Re: Ou koeie 2. Oormerk en Brandmerk Posted by: "Eureka Combrink" eurekacombrink Fri Aug 1, 2008 4:42 am (PDT) Elmien, As boervrou in Suid Afrika kan ek jou beaam op die interessantheid van die brandmerk en hoe elke boer sy eie unieke merk het wat vandag met uitken van jou diere baie help. Ek wil jou graag net op 1 punt wys en dit is dat hulle ore afsny in 'n nuwe BARBAARSE Suid Afrika. Groete Eureka Boodskap 2c. Re: Ou koeie 2.
8 Oormerk en Brandmerk Posted by: newabbott Fri Aug 1, 2008 4:47 am (PDT) Hallo Vriende, Terwille van iteressantheid, wil ek net noem dat volgens die "Fincham boek", is of was daar verskillende merke gebruik op die vlerke van swane in die Verenigde Koningkryk. Ek weet nie hoe dit aangebring is nie, maar kan 'n voorbeeld iewers opsit. Henry Abbott Boodskap 3. Harde skywe en rugsteun Posted by: "Johan Pottas" pottasjj Fri Aug 1, 2008 5:09 am (PDT) Dag almal Net om julle almal weer te herinner daaraan dat mens amper nooit genoeg rugsteun kopi kan h nie.
9 Ek het gisteraand my eksterne hardeskyf verloor, hy het uitgebrand. Ek was net besig om 'n rugsteun te maak van +/- 4000 fotos wat ek die dag op hom afgelaai het, toe hy besluit genoeg is genoeg!! Die enigste probleem is dat die fotos net op hom is en ek besig was om dit te rugsteun toe hy oppak. Ek hoop nou dat die tegniese ouens die data kan herwin anders is ek sowat 'n week se harde werk van fotos neem verlore en sal ek alles weer moet gaan oordoen. Dus probeer om altyd 'n rugsteun kopie so gou moontlik te doen van enige belangrike of tydsame werk wat jy stoor.
10 Groete Johan J Pottas Rekensentrum UV Tel: +27-51-401-2767 werk Tel: +27-51-522-7329 huis Tel: +27-82-569-3727 sel Faks: +27-51-401-2765 werk Posbus 34559, Faunasig, 9325 Boodskap 4. LOMBARD hulp Posted by: "Johann vd Berg" Fri Aug 1, 2008 5:38 am (PDT) Beste Johann de Bruin Ek sal gedurende die naweek 'n e-pos direk aan jou stuur oor Elsie Louisa Sophia Lombard se name. Groete Johann van den Berg Boodskap 5a. SA besoek Posted by: "Martin Knoetze" lovegenaca Fri Aug 1, 2008 6:18 am (PDT) Hallo almal Ek het so pas teruggekker van 'n 5 weke besoek aan Siud Afrika.