Transcription of September 2006 Bundels - sagenealogie.com
1 September 2006 Bundels Onderwerp: [SA-Gen] Bundel Nommer 1497 Datum: Friday, September 01, 2006 10:32 AM Daar is 12 boodskappe in hierdie uitgawe Onderwerpe in hierdie bundel: 1a. ERASMUS-SMITH-VILJOEN From: Viljoen HC 1b. ERASMUS-SMITH-VILJOEN From: Annelie Els 2. Re: BASSON, BRITS EN GOUWS From: annemielourens 3. Van Der Merwe, Snyman, Esterhuizen From: Jorge Estreux 4. Frans LENS en Appolonia van de CAAB From: 5a. Re: Calvinia Begrafplaas From: Drikus Theron 5b. Re: Calvinia Begrafplaas From: David vd Merwe 5c. Re: Calvinia Begrafplaas From: Drikus Theron 6. NEETHLING X VAN DER WESTHUIZEN From: Leoni 7. Beeld van 01 From: Blikkies 8. Re: Kareedouw kerk en Herselman grafte From: MontXsuZ-point-ca 9. The Mercury Vrydag 1 September 2006 From: aletta 1a.
2 Datum: Thu Aug 31, 2006 2:32 am (PDT) Van: "Viljoen HC" hc_viljoen Onderwerp: ERASMUS-SMITH-VILJOEN Beste SAGenealo Ek het op 'n interessante grafsteeninskrywing afgekom op eGGSA se webwerf. Dit is van Wilhelmina Henorina Viljoen, geb 13-2-1898, + 28-9-1985. Dan staan daar "Born Erasmus, N e Smith". Ek vermoed dat die "n e Smith" verwys na 'n vorige huwelik van haar, en dat dit Wilhelmina Henorina Erasmus is, x Smith, xx Viljoen? Is daar enigeErasmus kenners wat vir my lig op die saak kan werp, en moontlik inlig wat die volle name van haar twee eggenotes was? Die "born" en "n e" is teenstrydig met mekaar, want dit is sinonieme. Groete Christo Viljoen Boodskap 1b. Datum: Thu Aug 31, 2006 3:37 am (PDT) Van: "Annelie Els" engelkind2000 Onderwerp: ERASMUS-SMITH-VILJOEN Hallo Christo, Ek het my dood gesoek vir daardie betrokke grafsteen.
3 Net om agter te kom die van en naam was gekoppel. Ek het nou ook die twee name vir haar gegee omdat ek nie mooi kon uitmaak of sy Hendrina of Henorina heet nie. Wou ook net seker maak of die BORN en NE nie my tikfout was nie. Groetnis Annelie. Boodskap 2. Re: Datum: Thu Aug 31, 2006 2:45 am (PDT) Van: "annemielourens" annemielourens Onderwerp: BASSON, BRITS EN GOUWS Goeidag Arina Ek het die Louw familie wat met 'n Gouws getroud is. Die Paardeberg is naby die Paarl. Dalk is dit van die familie wat jy soek. h4 Lambertus Lochner Louw * 3/1/1883 = 4/2/1883 + 11/11/1954 Malmesbury boer Morest r trou met Sarah Margaretha JOUBERT * 13/9/1888 + 24/6/1973 , van Goedehoop ,Paardeberg Malmesbury i1 Maria Johanna (Minnie)Louw*16/08/1907 + 8/04/2000 of 12/04/2000 trou met Johannes Christoffel (Joe) GOUWS [j1] Estelle Gouws [j2] Christopher Gouws , woon Kato [j3] Lesley Gouws trou met Charlia Cockrell + , rugby speler Groet Annemie Lourens --- In "Arina Short" wrote: Goeienaand almal, Ek is besig met navorsing oor die Gouwse, spesifiek die nakomelinge van Pieter Gouws (gebore 1727, gedoop Paarl 6 Jul 1727); sy seun Pieter Gouws (gedoop 11 Nov 1753) en die se seun Pieter Frederik Gouws (gedoop 3 Nov 1782).
4 Dit lyk my of hierdie Gouwse baie noue bande met Britse en later met Bassons gehad het. Hulle het, so lyk dit my, oor en weer getrou, saam getrek en uiteindelik saam geboer in die Rustenburg en later die Heidelberg omgewing. Kan enigiemand my dalk meer vertel oor enige van die volgende persone: Nicholas Johannes Salomon Basson (gebore omtrent 1804, oorlede 25 Oct 1862) X Magdalena Jacoba Johanna Gouws Nicholas Johannes Salomon Basson (gebore 4 Jan 1835, oorlede 31 Dec 1913) X Louisa Petronella Jacoba Hattingh. Boer op die plaas 'De Pan' in die Heidelberg / Wakkerstroom distrik. Nicholas Johannes Salomon Basson (gebore omtrent 1859) Magdalena Jacoba Johanna Basson (gebore 1860) X Stefanus Johannes Gouws (gebore Rietfontein, Rustenburg distrik, 1853). Boer op die plaas Vlakfontein in die Heidelberg distrik.
5 Neeltje Petronella Brits (gebore Graaf-Reinett 13 Maart 1826, dogter van Gerhardus Petrus Brits) X Johan Jacob Frederick Gouws (gebore 18 Jul 1818). Geertruy M. Brits (dogter van Pieter Brits) X Pieter Frederik Gouws (gedoop 3 Nov 1782). Enige inligting sal baie welkom wees! Dankie Arina Short Boodskap 3. Datum: Thu Aug 31, 2006 4:53 am (PDT) Van: "Jorge Estreux" jorgeestreux Onderwerp: Van Der Merwe, Snyman, Esterhuizen Middag almal, Miskien kan die van Der Merwe of Snyman kenners help: Andries Cornelis Esterhuizen X Martha Magdalena Erasmus XX Magdalena Snyman. In die boedel (na + Magdalena) word genoem dat hy 3 kinders gehad het by MM Erasmus, die kinders word egter nie by name genoem nie. Daar is egter 3 kinders wat ook erf en genoem word by name. Almal van Der Merwes.
6 As getuie teken Johannes Rasmus (Veldkornet) Van Der Merwe. My vraag: Wie was Veldkornet Johannes Rasmus Van Der Merwe (familie?) en was dit sy kinders wat genoem was ? Erfgenamen 1) Gerrit Jacobus van der Merwe geboren den 20 December 1794 2) Sophia Magdalena geboren den 8 October 1796 staande haar in 't huwelyk te begeeven met Willem Jacobus Janse van Rensburg Nicolaaszen 3) Magdalena Johanna van der Merwe geboren den 3 October 1799 gehuuwd met Frans Nicolaas Joosen Jacobuszen Groete Gert Ilha Do Sal Boodskap 4. Datum: Thu Aug 31, 2006 7:55 am (PDT) Van: boerseun_1838 Onderwerp: Frans LENS en Appolonia van de CAAB Goeiedag almal. Weet enige iemand iets van Frans LENS en Appolonia van de CAAB? Appolonia was blykbaar Frans LENS se moeder - MOOC8 Frans LENS op sy beurt was blykbaar 'n neef van Gerrit Engelbregt (sien waar my belangstelling vandaan kom?
7 Volgens MOOC8 Is hierdie 2 Franse dieselfde persoon en hoe sy hy en Gerrit Engelbrecht dan familie wees? Enige inligting sal waardeer word. Groete. Louis Engelbrecht. Villieria, Pretoria Engelbrecht, Hills, Smith, Vermeulen, ens Boodskap 5a. Datum: Thu Aug 31, 2006 8:26 am (PDT) Van: "Drikus Theron" Onderwerp: Re: Calvinia Begrafplaas Hi David ek het die foto's klaar afgelaai en hulle is onder Begrafplase, Calvinia op die Fotki webtuiste, die skakel is ----- Original Message ---- From: David vd Merwe To: Sent: Tuesday, July 18, 2006 11:26:42 PM Subject: Re: [SA-Gen] Calvinia Begrafplaas Hallo Drikus Ek het nie voorheen aangevra nie, maar sal dit baie waardeer as jy vir my die inligting en foto's kan laat kry van die Vd Merwe's wat jy afgeneem het. Indien jy die inligting makliker vir almal wil laat kry, kontak gerus vir Colin Pretorius of Hannelie Els oor die plasing van die foto's op Colin se Aflaai Biblioteek waar belangstellendes dit dan self kan gaan aflaai.
8 So ook kan jy die foto's op eggsa se fotoblad FOTKI gaan oplaai waar die ander dit dan ook kan gaan bekyk en aflaai. Groete David vd Merwe Posbus 249 Montagu 6720 Tel / Faks: (023) 614-2761 Sel: 082-490-9160 : net Vanne: Vd Merwe; Vd Merwe; Van Eck en Du Preez -------Original Message----- -- From: Drikus Theron Date: 07/17/06 11:55:09 To: SAG_Groep Subject: [SA-Gen] Calvinia Begrafplaas Aan al die lysers wat versoeke gerig het. Ek kon nie by Williston uit kom nie, maar ek het 164 grafte in Calvinia afgeneem, die hek van die ou joodse afdeling, tipies is die Joodse en Engelse grafte apart van die Afrikaanse grafte sin, en ek het 'n foto van die Moeder gemeente in Calvinia geneem, asook die ABO gedenkteken in die BP. Ek is is in die proses om al die foto's op my laptop te laai en sal dit more aan die wat versoeke gerig het vrystel.
9 Vanne sluit die vgl in: Van der Merwe (daar was baie van hulle insluitend 'n man en vrou se borsbeelde op hul grafte), Visser, Spangenberg, Theron, Burger, Louw (vir Hendrik), Van Wyk, Pretorius, Hugo. Daar is 'n paar ander vanne ook, maar dit is die wat die meeste voorkom. Ek moet vir my Ma, Pa en tweeling suster baie dankie vir hul hulp met die opspoor van die grafte. Al die name en datums is leesbaar en ek het my bes probeer om soveel moontlik van die data op die grafstene so duidelik moontlik te maak. Groetnis, Drikus Theron, ab4c1d3e1f2g7h1i2j3 0724279723 @ Boodskap 5b. Datum: hu Aug 31, 2006 2:46 pm (PDT) Van: "David vd Merwe" beerisgr8too Onderwerp: Re: Calvinia Begrafplaas Dankie Drikus. Ek het al gaan loer, net so vinnig maar sal binnekort dit intensief deur gaan.
10 Groete David vd Merwe Posbus 249 Montagu 6720 Tel / Faks: (023) 614-2761 Sel: 082-490-9160 : Vanne: Vd Merwe; Vd Merwe; Van Eck en Du Preez Boodskap 5c. Datum: Thu Aug 31, 2006 11:26 pm (PDT) Van: "Drikus Theron" Onderwerp: Re: Calvinia Begrafplaas Groot plesier David. Ek hoop jy kry iets wat jy kan gebruik. Daar is meer as 70 vd Merwes as ek reg onthou. Groete, Boodskap 6. Datum: Thu Aug 31, 2006 2:16 pm (PDT) Van: "Leoni" leonibarnard Onderwerp: NEETHLING X VAN DER WESTHUIZEN Naand julle, Ek is opsoek na inligting en bevestiging oor die familie: Nicolaas ? VAN DER WESTHUIZEN * ? + ? X Maria Magdalena NEETHLING * + , met moontlik net een? kind Jan Jacob VAN DER WESTHUIZEN X Hester Susanna Cecilia LUDICK * +? My vraag is : waar pas die Nicolaas in die Pieter-boom in, het hy net een naam gehad, wie was sy ouers, en het hulle werklik net een kind gehad(Sk van MM Neethling dui slegs Jan Jacob as meerjarige kind aan).