Transcription of Lewe na ‘n Kind se dood
1 [2] Lewe na n Kind se dood Drie Paramedici en 2 pasi nte sterf toe ambulans onder n steenkoolvragmotor inry. Mariska was toegewyd aan haar beroep as Paramedikus en aan die einde was dit haar roeping wat haar lewe ge is het. Geskryf deur: Loretta Vosloo Hierdie boek sal u nie net help om die afsterwe van u kind of geliefdes te verwerk nie, maar sal u ook bemoedig om weer op te staan en aan te gaan met u lewe. Psalm 94:17-19: As die HERE vir my nie n hulp was nie, dan het my siel gou in die stilte gewoon. As ek dink: My voet wankel dan ondersteun u goedertierenheid my, o HERE! As my gedagtes binne-in my vermenigvuldig, dan verkwik u vertroostinge my siel. Die doel met die skrywe van hierdie boek is: Sodat ek diegene wat deur allerhande verdrukkinge, smarte en verdriet gaan, kan troos met dieselfde vertroosting waarmee ek self deur God getroos was.
2 2 Korint ers 1:3-5: Gese nd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus, die Vader van ontferminge en die God van alle vertroosting, wat ons troos in al ons verdrukking, sodat ons die wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur God getroos word. Want soos die lyde van Christus oorvloedig is in ons, so is ons troos ook oorvloedig deur Christus. [3] Hierdie Boek word opgedra ter Nagedagtenis aan die volgende persone wat in die ongeluk gesterf het: Deon Cohen CCA wat hoof was by ER24 Secunda. Mariska De Noon ANA Rudolph George BAA Mev. Christina Olivier Pasi nt Mnr. Ferdinand Van Niekerk Pasi nt Erkenning word gegee: Dankie aan my Hemelse Vader, wat daar was toe ek van my dogter moes afskeid neem en my nie n enkele oomblik alleen gelaat het met die verwerking van haar afsterwe nie.
3 Here, was dit nie vir U nie, het my siel gou in stilte gewoon, afgesny sonder hoop vir die toekoms! Daar is nie woorde om vir my man, Dawie en my dogter Anja, dankie te kan s dat ons almal in die tyd van ons grootste nood en diepste hartseer, nog steeds bymekaar gestaan het nie. Ons het nie weggedryf van mekaar af nie, maar saam gestaan om hierdie geweldige storm die hoof te bied. Dankie Anja dat jy hierdie boek geredigeer het. Dankie Helen, dat jy vir my toestemming gegee het om dele uit jou boek aan te haal. Dit het nie net die w reld vir my beteken nie, maar ek glo ook dat ons getuienis saam n eenheid bring vir die genesing van baie kosbare siele soos jou boek alreeds in die verlede vir baie gedoen het. Weereens baie, baie dankie.
4 Nooit weer skram jy weg van n ander se bloeiende wonde nie, want jy weet wat ander se troos vir jou beteken het. Potpourri uit Pyn geskryf deur Helen du Plessis. [4] Gebed vir die publikasie van hierdie boek: Gee vlerke aan my woorde Here. Mag hulle saggies gaan sit op die takke van mense se gedagtes, Hulle buig voor die winde van U wil. Mag hulle hoop vlieg om alle mense aan te raak, Laag genoeg om n briesie van soete aanmoediging oor die honger en soekende siel na U waarheid te laat kom. Gee vlerke aan my woorde, Here. Mag hulle vinnig en ver vlieg, oppad na mense se harte. Gee vlerke aan my woorde Here! Onderskrywing van Boek Toe Loretta my gevra het om haar boek te proeflees, het ek dit soos n tesis aangepak. Maar ek het gou agtergekom, dat dit nie maar net nog n boek is oor innerlike genesing nie.
5 Hierdie vrou het iets beleef met die afsterwe van haar jong getroude dogter, wat duisende ouers regoor die wer ld beleef. Die Heilige Gees het haar op n bonatuurlike manier gehelp om hierdie seer te verwerk en te oorkom, sodat sy vandag sterker in die Here staan as ooit. Ek het self in 1983 n dogtertjie van sewe jaar oud in n motorongeluk verloor. Hierdie getuienis van Loretta het my na al hierdie jare gehelp om volkome genesing in my persoonlik lewe te ervaar. Dit het my opnuut weer die waarde van n getuienis laat verstaan, want daar is krag in ons getuienisse om te oorwin. Hierdie boek is n getuienis tot oorwinning vir elkeen wat oor die verlies van n kind of naasbestaande treur. Jy hoef nie stukkend te bly nie. In hierdie baie persoonlike, stap vir stap verhandeling, gaan Loretta jou help om jou seer te verwerk en te oorkom en sterker as ooit in die Here te staan.
6 Prof. J. Barnard. DD. PHD. Roepersfontein, Kriel. [5] Liewe Leser indien ons nie self hierdie pad van dood van n geliefde al gestap het nie en nog nie by n graf van n geliefde kind gestaan het nie, sal ons nooit die ware pyn en hartseer hiervan ken of selfs verstaan nie. In hierdie boek het die skrywer, daarin geslaag om jou deel te maak van haar reis na volkome herstel, deur hierdie moeilike tyd na haar dogter se dood. Hul pyn en hartseer kan jy voel en huil selfs met tye saam met hulle. Maar die mees wonderlikste deel van die boek wat tot my gespreek het, is haar standvastige geloof en vertroue in God as haar Vader!
7 Met hierdie skrywe leer Loretta ons om onvoorwaardelik op God te vertrou. Veral in die tyd wat volg na n geliefde se dood wat na aan jou hart is. Wat n merkwaardige voorbeeld stel sy vir ons almal, deur altyd op God ons Vader te vertrou en net vas te hou aan die feit dat Hy in ons elke dag lewe teenwoordig is en ons nooit sal begewe of verlaat nie. Pastoor Melinda Smith. Hierdie boek is huidiglik net in drukvorm beskikbaar. As u belangstel om hom te bekom, bestel hom asseblief op my boeke blad. [6] INHOUDSOPGAWE: VOORWOORD Hoofstuk 1: Ons hou bruilof. Hoofstuk 2: Mariska se uurglas op aarde loop leeg. Hoofstuk 3: Maak toe jou o en gaan op reis.
8 Hoofstuk 4: Laaste huldeblyk aan Mariska en haar kollegas. Hoofstuk 5: Hoeveel seer kan een hart dra? Hoofstuk 6: Waar is my kind dan nou Here? Hoofstuk 7: By Jesus se voete. Hoofstuk 8: Hartseer is soos n reis. Hoofstuk 9: Daar is lewe na n kind se dood. Hoofstuk 10: Soos n mosseltjie aan n rots. Hoofstuk 11: Moenie bitter word nie, word liewer beter. Hoofstuk 12: Dan Dank ons U vir U goedheid Gawe van n nuwe dag. Laaste woorde van bemoediging om te help met die rouproses. Biografie van Skrywer. [7] VOORWOORD Niemand dink ooit daaraan dat daar dalk n dag in jou lewe sal aanbreek, waarop jy nie voorbereid sal wees nie.
9 N Dag waar jy jouself dalk sal bevind voor n oop graf, waar jy afkyk op jou geliefde kind se kis, spierwit staal, waarin net haar liggaamlike oorskot l ? NEE! Nie in my wildste drome of gedagtes het ek dit ooit kon dink of het ek dit vir een oomblik gevrees nie. Dit het net die bloute het die nuus op ons oorval sonder enige waarskuwing. Mariska, ons jongste dogter sterf onverwags op die ouderdom van 26 jaar, die 19de April 2008, net n skrale ses weke na haar troudag en in die fleur van haar lewe. Maar ek neem u eers terug na haar geboortedag toe die dag wat later n beroemde dag in die w reld se geskiedenis sou word, die 11de September 1981. Haar Pappa moes spesiale verlof by die weermag verkry om betyds te kon wees vir haar geboorte in Witbank Hospitaal.
10 Ek het altyd gespog dat sy my ou sneeubabatjie was, dit het die 10de September heerlik gesneeu en op die 11de, terwyl die sneeu besig was om te smelt, is sy met n keisersnee gebore. Sy was so n pragtige en gesonde baba. Haar suster Anja, was toe al amper twee jaar oud. Saam het hierdie twee dogtertjies, sorgelose kinderdae in Witbank beleef as kleuters. Ons verhuis Kriel toe waar sy haar skoolloopbaan begin en voltooi het. Sy was n redelike stil kind wat op haar eie manier skool benader het. Sy slaag Matriek deur baie gebede en in die begin van die jaar 2000 het sy haar eie lewe begin, deur na kinders om te sien in Duitsland (Au Pair). Daar het ek die voorreg geniet om haar verjaarsdag saam met haar te vier! Vir twee weke het ons heerlik gekuier en dele van Duitsland besigtig.