Transcription of Verw. ATKV-Redenaars Dept: Kommunikasie Kontak: …
1 Verw. ATKV-Redenaars Dept: Kommunikasie Kontak: Mnr. A. Nortier Datum: 28 November 2017 Geagte Ouers ATKV-Redenaars 2018 Hiermee n uitnodiging om saam met u kind betrokke te raak by die ATKV-Redenaars vir 2018. TEMAS VIR 2018 graad 1 TOT 3 goud druppeltjies miere Dit word in hierdie kategorie van die spreker verwag om n beredeneerde, voorbereide toespraak van minimum 2 tot maksimum 4 minute te lewer. graad 4 TOT 5 smaak vingers drup Dit word in hierdie kategorie van die spreker verwag om n beredeneerde, voorbereide toespraak van minimum 3 tot maksimum 5 minute te lewer. Die spreker sal ook deur die beoordelaars versoek word om n onvoorbereide vraag te beantwoord. graad 6 TOT 7 huistaal uurglas hoop teken Dit word in hierdie kategorie van die spreker verwag om n beredeneerde, voorbereide toespraak van minimum 4 tot maksimum 6 minute te lewer.
2 Die spreker sal ook n onvoorbereide toespraak van tussen 2 - 4 minute lewer. Kategorie vir Engelssprekende Leerders graad 6 TOT 7 Addisionele Taal uurglas hoop teken Dit word in hierdie kategorie van die spreker verwag om n beredeneerde, voorbereide toespraak van minimum 4 tot maksimum 5 minute te lewer. Geen onvoorbereide toesprake word gelewer nie. Tydens elke ronde sal die hoofbeoordelaar ook aan elke deelnemer n vraag stel, direk n lewering van die voorbereide toespraak. Die vraag tel vyf (5) punte en hou verband met die inhoud van die toespraak. BAIE BELANGRIK Uit die tema moet n onderwerp geformuleer word wat n standpunt bevat en die standpunt moet aan die hand van argumente en bronne beredeneer word. Met ander woorde, dit is n beredeneerde toespraak en nie n praatjie nie. Indien toesprake van vorige jare en/of gedupliseerde toesprake gelewer word, sal deelnemers gepenaliseer word.
3 VRIENDELIKE WAARSKUWING: MOENIE TOESPRAKE OP DIE INTERNET KOOP NIE. DATUMS: Eerste rondte: 18, 19 en 20 April 2018 Laerskool De Kuilen in Kuilsrivier. Halfeindstryd: 25 Mei 2018 Ho rskool Bellville. Finaal: 16 Augustus 2018 ATKV-Klein Kariba. Elke skool word beperk tot slegs n sekere aantal deelnemers. Laerskool Eversdal mag bv. n vol getal van ses deelnemers in elke kategorie inskryf. KEURING Alle belangstellende ouers word nou reeds uitgenooi om toesprake in samewerking met hulle kinders te ontwikkel. Eversdal sal n interne uitdunrondte op die volgende datums hou: Maandag 22 Januarie 2018 graad 6 en 7 huistaal Dinsdag 23 Januarie 2018 graad 6 en 7 Addisionele Taal Woensdag 24 Januarie 2018 graad 4 en 5 Donderdag 25 Januarie 2018 graad 2 en 3 Hierdie geleentheid het ten doel om bepaalde openbare redevoering kwaliteite by die voornemende kandidate te identifiseer en verder te ontgin deur ondersteuning en begeleiding.
4 Die volgende leerders het vanjaar deurgedring tot ten minste die halfeindstryd: 1. Nicola Caldwell (Finaal) graad 7 in 2018 2. Raani Hussain (Halfeindstryd) graad 7 in 2018 Hulle sal outomaties weer in 2018 aan die kompetisie deelneem en hoef nie die aanvanklike keuring van die skool te deurloop nie. Hierdie leerders en hulle ouers begryp reeds die ho eise wat gestel word deur deelname aan die ATKV-Redenaars en is vertroud met die aanbiedingstyl en skryf van toesprake. Die volgende aantal sprekers per kategorie moet vir deelname in 2018 gekeur word: graad 1 tot 3: 6 graad 4 en 5: 6 graad 6 en 7: afrikaans huistaal 6 graad 6 en 7 afrikaans Addisionele Taal: 4 Leerders wat in n spesifieke jaar slegs aan die eerste rondte deelgeneem het, sal in die daaropvolgende jaar weer aan die skool se aanvanklike keuring onderwerp word.
5 VOORBEREIDING EN SKRYF VAN TOESPRAKE Die deelnemer mag slegs n onderwerp / standpunt uit EEN van bogenoemde temas in sy / haar kategorie kies en formuleer. Die standaard van toesprake wat by die ATKV-Redenaars gelewer word, is nasionaal van n baie ho gehalte. Dit is egter nie n maklike taak wat aan n kind oorgelaat kan word nie. Ouers moet bereid wees om behulpsaam te wees met die skryf en formulering van n beredeneerde en oorredende toespraak wat ondersteun word deur erkende bronne. Maak asb. gebruik van die ATKV se webblad vir hierdie doel. Alles wat u gaan benodig, is duidelik daar uiteengesit. Google ATKV-Redenaars . AANKOOP VAN TOESPRAKE Die volgende is n direkte aanhaling uit die ATKV se dokumentasie: Ons doen weer eens n beroep op u om asseblief u deelnemers en ouers te ontmoedig om toesprake te koop.
6 Dit het onder die ATKV se aandag gekom dat al hoe meer mense en organisasies op die ATKV se rug ry en sonder die ATKV se toestemming en medewete vir die ATKV toesprake skryf en kursusse, selfs afrondingskursusse, aanbied. Hierdie mense doen dit net vir hulle eie finansi le gewin en die toesprake word, hoe hulle die ouers ook al anders probeer oortuig, aan verskeie deelnemers oor die hele land verkoop. Die beoordelaars hoor al hoe meer dieselfde gekoopte toesprake vier tot vyf keer tydens die uitdunrondes. Deelnemers wat n toespraak lewer wat voorheen al gelewer is, word gediskwalifiseer (selfs al is dit n ou toespraak van n vorige jaar). VERWAGTING DIE SKOOL SE KEURING IN JANUARIE 2018. Die leerders wat in Januarie 2018 hulle toesprake vir die skool se interne keuring kom aanbied, moet perfek en op standaard wees volgens die ATKV se voorskrifte.
7 N Spreker wat n toespraak aanbied wat nie aan die OORREDENDE VEREISTE voldoen nie, sal bloot nie gekeur word nie. Toesprake word nie vooraf aan Mnr. Nortier voorgel met die verwagting dat rigting gegee sal word die standaard daarvan nie. Ek luister die eerste keer na die toespraak wanneer die kind dit in Januarie 2018 kom aanbied. Die inhoud en standaard van die toespraak, asook die spreker se oorredende vermo in sy aanbieding, sal bepalend wees vir sy / haar keuring om voort te gaan met deelname aan die kompetisie. Die sprekers moet die toesprake in Januarie 2018 reeds bemeester het en met vlotheid, sonder oormatige gebruik van notas, kan oordra. Intensiewe afrigting moet onmiddellik na keuring kan begin. Dit impliseer dat die spreker die toespraak ten volle ken.
8 Daar is nie tyd vanaf Januarie tot April 2018 om 24 sprekers met beperkte kontaktye toe te laat om nog eers die toesprake te gaan leer nie. ALGEMEEN Die skool begryp dat daar baie werk, navorsing en voorbereiding in die skryf van n toespraak ingaan. Ouers moet asb. begryp dat dit nie n gegewe is dat u kind wel sal kwalifiseer nie. In Januarie 2018 word die uitdunne gebaseer op die gegewe temas hierbo wat nou reeds tot ons beskikking is. n Spreker wat intern kwalifiseer sal met dieselfde toespraak aan die eerste rondte van die nasionale kompetisie gaan deelneem. Die beste sprekers wat nuut gekeur word, sal kwalifiseer om aan die kompetisie deel te neem. Die paneel van Onderwyser-beoordelaars, en dus die skool se beslissing, sal finaal wees. Die 24 Evers wat deurdring sal dan ook vir die duur van die eerste kwartaal tot en met die kompetisie in die tweede kwartaal verdere afrigting in aanbiedingsvaardighede deur Mnr.
9 Nortier ontvang. Indien daar minder kinders aanmeld as wat in n kategorie toegelaat word, maar die sprekers en toesprake is nie op standaard nie, sal minder sprekers per kategorie ingeskryf word. Spraaksame groete ANTON NORTIER MNR. ARANGIES ATKV-Redenaars : KO RDINEERDER LAERSKOOL EVERSDAL: SKOOLHOOF _____ ATKV-Redenaars 2018 Afskeurstrokie Stuur asb. terug na Mnr. Nortier teen nie later as 1 Desember 2017 nie. Ek / ons die ouer(s) van (naam en van van leerder) _____ tans in graad _____ neem graag die uitdaging aan om ons seun / dogter volgende jaar vir die aanvanklike keuring vir die ATKV-Redenaars in te skryf. My kind sal op 17 Januarie 2018 gereed wees met n voorbereide toespraak. My kind sal in 2018 in graad _____ wees. Handtekening van ouer / voog: _____ e-posadres van ouer: _____ _____ _____ Privaatsak X 4 / Private bag X 4, Stepping Stones, Eversdal, Durbanville.
10 7550 Tel: 021 9768134 Faks / Fax: 021 9761569 E-pos / E-mail: Web: DAMUS