Example: quiz answers

04/2022 3 Februarie 2022

04/2022 3 Februarie 2022 GEDAGTE VIR DIE WEEK: SELFBEHEERSING Wie n wag voor sy mond het en stilbly, hou homself uit die moeilikheid. (Spreuke 21:23) AKADEMIE TOETSREEKS Die volgende veranderinge/aanpassings ten opsigte van die toetsrooster: graad 8 10 Februarie skryf di leerders die Natuurwetenskap-ondersoek gedurende toetsperiode. Hierdie toets vervang die KK-toets wat op die toetsrooster aangedui is. Die KK-assessering sal in die klas plaasvind. graad 9 17 Februarie skryf di leerders die Natuurwetenskap-ondersoek gedurende die toetsperiode.

Dit is een van die grootste sosiale byeenkomste op ons graad 12-leerders se kalender en ons wil vroegtydig inligting begin deurgee. Datum: 1 Oktober 2022 Plek: Hoërskool Oos-Moot skoolsaal Die matriekafskeidreëlings en keuringsvorm vir buitepersone is op die skool se webwerf

Tags:

  Graad, Salesio

Information

Domain:

Source:

Link to this page:

Please notify us if you found a problem with this document:

Other abuse

Transcription of 04/2022 3 Februarie 2022

1 04/2022 3 Februarie 2022 GEDAGTE VIR DIE WEEK: SELFBEHEERSING Wie n wag voor sy mond het en stilbly, hou homself uit die moeilikheid. (Spreuke 21:23) AKADEMIE TOETSREEKS Die volgende veranderinge/aanpassings ten opsigte van die toetsrooster: graad 8 10 Februarie skryf di leerders die Natuurwetenskap-ondersoek gedurende toetsperiode. Hierdie toets vervang die KK-toets wat op die toetsrooster aangedui is. Die KK-assessering sal in die klas plaasvind. graad 9 17 Februarie skryf di leerders die Natuurwetenskap-ondersoek gedurende die toetsperiode.

2 Hierdie toets vervang die KK-toets wat op die toetsrooster aangedui is. Die KK-assessering sal in die klas plaasvind. graad 8 tot 12 Die toetse van 1 Maart word vervroeg na 28 Februarie as gevolg van die PUK Interho r wat plaasvind en om ons atlete te akkommodeer. LO SPORTTOETS ( graad 8 EN 9) Die graad 8 en 9-leerders het op 8 Februarie 2022 hul LO-sport praktiese toets. Die re lings vir die toets is soos volg: Dit is n normale skooldag (leerders bring hul tasse/handboeke/ens.) Die praktiese toetssessie vind vroegoggend plaas/ Leerders kom met hul korrekte Oosie-drag en tekkies skool toe.

3 Leerders wat nie Oosie-drag het nie, kom in skooldrag. Leerders mag heeldag in hul Oosie-drag geklee bly. WOLKSKOOL Die skool maak sedert 1 September 2021 gebruik te maak van Die Wolkskool en dat AL ons leerders voortaan toegang sal kry. Die Wolkskool is n aanlynplatform van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) met video lesse, werkkaarte en assesserings wat deur professionele onderwysers ontwikkel is. Die platform maak van die nuutste tegnologie gebruik om u kind n veilige, stabiele en vinnige aanlyn leerervaring in Afrikaans te bied.

4 Ons onderwysers speel n kernrol in die sukses van Die Wolkskool, omdat die platform juis tot sy reg kom wanneer onderwysers dit inspan om leemtes in kennis en begrip by u kind te identifiseer en betyds aan te spreek. Wat behels Die Wolkskool Die Wolkskool bied u kind die geleentheid om videolesse oor en oor te kyk totdat hy/sy dit verstaan, teen sy/haar eie pas, vanaf enige plek en op sy/haar eie tyd. U as ouer ontvang ook weekliks n elektroniese verslag (e-pos) wat u op hoogte van u kind se vordering sal hou.

5 Elke leerder ontvang 2 GIG data per maand. Dit is egter net vir gebruik op Die Wolkskool. Die skool moet Die Wolkskool voorsien van leerders se inligting (Naam, Van, ID-nommer, skool e-posadres) vir registrasiedoeleindes. Dit is die skool se plig om toe te sien dat die reg op privaatheid van persone (en spesifiek di van die kinders) gerespekteer word soos wat dit in die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Wet 4 van 2013 van Suid-Afrika POPI Wet) bepaal word. Die Wolkskool voldoen wel aan al die vereistes.

6 Ouers sal ook in die toekoms direk kommunikasie vanaf Die Wolkskool ontvang. AKADEMIESE PRYSUITDELING Die Akademiese Prysuitdeling ( graad 8 tot 11 2021) vind plaas op 9 Februarie 2022. Die betrokke leerders sal n elektroniese uitnodiging ontvang. NUWE COVID-19 REGULASIES COVID-19 VLAK 1 REGULASIE AANPASSING OP 31 JANUARIE 2022 Die Kabinet het besluit om die volgende veranderinge met onmiddellike effek aan te bring: Persone wat positief toets sonder simptome hoef nie te isoleer nie. Indien n persoon positief toets met simptome, is die isolasieperiode van 10 tot 7 dae verminder.

7 Kontakte hoef nie te isoleer nie, tensy hulle simptome ontwikkel. graad 12 S 2021 MEI/JUNIE HERSKRYF Matrikulante van 2021 wat graag vakke wil herskryf vir n beter punt of slaag, kan nou by die skool registreer. Re lings: Registrasievorms beskikbaar by me S Pieterse Registrasies sluit op 18 Februarie 2022 Met registrasie word die volgende dokumente benodig: ID en 2021 se uitslae DISSIPLINE/SELFOONGEBRUIK/TIK TOK VIDEO s DISSIPLINE - DETENSIE Detensie vir die leerders met dissipline oortredinge begin op Dinsdag, 8 Februarie vanaf 14:00 tot 16:00.

8 Die betrokke leerders sal ingelig word. SELFOONGEBRUIK GEDURENDE SKOOLURE SELFOONGEBRUIK Ons wil graag die re ls ten opsigte van selfoongebruik onder ons ouers en leerders se aandag bring. Dit is vervat in die leerderdagboek 2022 (bladsye 294 tot 296) asook op die skool se webwerf (Gedragskode in praktyk) TIKTOK EN ANDER SOSIALE MEDIA PLATFORMS Dit is onder die skool se aandag gebring dat van ons leerders video s plaas terwyl hul die skool in skooldrag verteenwoordig en/of die skool se naam gebruik in die video-opname.

9 Dit is n ernstige oortreding (sien die skool se Sosiale Mediabeleid) asook die gedragskode. Leerders wat hierdie oortreding begaan, ontvang direk n Beheerliggaamverhoor. Ons versoek dat ouers en leerders hul asseblief vergewis van die skool se Sosiale Mediabeleid en die implikasies van sosiale mediagebruik. KLEREBANK Afsprake om die klerebank te besoek moet asseblief per e-pos by gere l word. Besoek die skool se webwerf vir die pryse en inligting rondom die skool se kleredrag. MATRIEKAFSKEID 2022 Dit is een van die grootste sosiale byeenkomste op ons graad 12-leerders se kalender en ons wil vroegtydig inligting begin deurgee.

10 Datum: 1 Oktober 2022 Plek: Ho rskool Oos-Moot skoolsaal Die matriekafskeidre lings en keuringsvorm vir buitepersone is op die skool se webwerf beskikbaar by In die lig van die moeilike ekonomiese omstandighede is dit goedgedink om die funksie by die skool aan te bied om alle matrikulante die geleentheid te bied om die spesiale geleentheid by te woon. ADVERTENSIEBORDE KULTUUR MUSIEKBLYSPEL 2021 Het jy in 2021 die geleentheid om ons musiekblyspel, Sound of Music te sien, misgeloop? Kry nou jou kaartjie en beleef dit in die gemak van jou eie huis.


Related search queries