Transcription of DIE 28 DAE EETPLAN deur Eetplan Idees
1 DIE 28 DAE EETPLAN deur EETPLAN Idees 2020 Inligtingsbrosjure EETPLAN Idees WIE ONS IS EETPLAN Idees is n geregistreerde Suid-Afrikaanse maatskappy en die amptelike voorsiener en verspreider van Die 28 Dae EETPLAN . WAT ONS DOEN Ons voorsien produkte, dienste en hulpbronne om jou te help om die meeste sukses op jou gewigsverliesreis te behaal. EETPLAN Idees ONS PRIM RE DOELWITTE Bemagtig lede om gewigsverlies te bereik Verskillende hulpbronne is beskikbaar vir verskillende behoeftes om voorsiening te maak vir 'n groot verskeidenheid mense. Beskerm lede teen vals inligting Duidelik-identifiseerbare kenmerke soos die logo, is beskikbaar op alle media, kommunikasie, produkte en dokumente. Inligting word versprei via die amptelike webwerf en sosiale media kanale. Motivering en Ondersteuning Eksklusiewe kli nte-spesifieke sowel as gemeenskapsgebaseerde ondersteuningstrukture en forums.
2 Beskerm die integriteit van Die 28 Dae EETPLAN Inligting en riglyne is gebaseer op wetenskaplike navorsing en nie ge soleerde ervarings nie. Verseker die voortbestaan van Die 28 Dae EETPLAN Deurlopende navorsing word gedoen om die inligting voortdurend te hersien, te verbeter en te verifieer; asook om die nodige veranderinge te implementeer sodra nuwe navorsing verrys. Kompileer basiese en gevorderde hulpbronne Hulpbronne word sorgvuldig beplan, geskep, vervaardig, verpak en versprei vir diegene wat addisionele hulp benodig. EETPLAN Idees SENTRALE PUNT Die amptelike webblad vorm die sentrale punt vir die plan. Dit is die GROOTSTE GRATIS hulpbron beskikbaar. Alle veranderinge, hersienings, wysigings en nuwe produkvrystellings sal op die webwerf gepubliseer en gekommunikeer word. Boekmerk gerus die webwerf en onthou om dit gereeld te besoek. EETPLAN Idees ADDISIONELE GRATIS HULPBRONNE E-pos wenke Sluit aan by ons nuusbrief vir n weeklikse / tweeweeklikse e-pos met wenke, aankondigings en gratis aflaaibare PDF s direk in jou inboks.
3 Ondersteuningsforum / groep Gemeenskapsondersteuning op 'n toegewyde netwerk wat uitsluitlik vir Die 28 Dae EETPLAN ontwerp is. Almal is welkom om aan te sluit. Sosiale media wenke Wenke en dieet inligting word daagliks op ons hoofstroom sosiale media kanale geplaas. EETPLAN Idees PDF HULPBRONNE E-boeke, gidse, joernale en resepte beskikbaar in PDF formaat. Kan bestel word vanaf enige ligging ter w reld. FISIESE PRODUKTE Resepteboek, yskaskaart, sleutelring en meer beskikbaar in SA. Aflewering tot by jou deur binne 4 dae. AANLYN MAALTYD BEPLANNER Dinamiese maaltyd beplanner, digitale resepte, outomatiese inkopielyste, gewigslesings en meer. Binnekort EETPLAN Idees INLEIDING Die EETPLAN bestaan uit n voorafbepaalde spyskaart vir 3 maaltye n dag, vir 28 dae. Jy kan op enige dag begin en jy kan die 28 dae herhaal vir soveel keer as wat nodig is om jou doelgewig te bereik.
4 Jy kan n breuk neem tussen rondtes, of jy kan die rondtes agtereenvolgend voltooi. Die EETPLAN is spesifiek bedoel vir oorgewig en/of vetsugtige persone wie sukkel om gewig te verloor. Die plan is nie geskik vir diegene wie swanger is of borsvoed nie. Die amptelike 28 Dae EETPLAN vervaardig of versprei nie enige dieetpille of inspuitings nie. Lees RIGLYNE Bakkie vir vroue: 450ml Bakkie vir mans: 600 700ml. Mans eet ook dubbel van alles wat op die plan gekwantifiseer word, bv.: aartappels, eiers, brood ens. Drink baie water (8-10 glase per dag) Geen peusel of tussen happies word toegelaat nie Moenie maaltye omruil nie Moenie kroek of bestanddele uitlaat/vervang nie Jy mag sout, peper, speserye, vars/gedroogte kruie en sekere souse gebruik om jou maaltye op te kikker. Jy mag water, koffie en tee drink. Geen dieetkoeldranke, sap of shakes word toegelaat. Lees EETPLAN Idees EETPLAN Idees AMPTELIKE WEBWERWE SOSIALE MEDIA KANALE Facebook: Die 28 Dae EETPLAN Idees Instagram: EETPLAN Idees KONTAK Email: Whatsapp: 065 871 3196