Example: barber

ONTHOU - ngkerkvrystaat.co.za

1 U kan ons help dat predikante en hul gesinne kan rus. Rus is vir my n belangrike saak, omdat ek al uitbranding in die bediening beleef het. Ons het genoeg verlof, maar die meeste predikante en hul gesinne bevind hul egter in n doodloopstraat hiermee. Jy gaan hou dalk vakansie by familie, maar rus jy werklik by familie? Dit kos eenvoudig net te veel om te betaal om vakansie te hou! Om met Jan-tuisbly-se-pastorie-karretjie vakansie te hou werk nie vir almal nie. Ek is al baie gese n met lidmate wat vir my hul vakansiehuise as geskenk gee om in vakansie te hou, ander gesinne is egter nie so bevoorreg nie.

1 U kan ons help dat predikante en hul gesinne kan rus. Rus is vir my n belangrike saak, omdat ek al uitbranding in die bediening beleef het. Ons het genoeg

Information

Domain:

Source:

Link to this page:

Please notify us if you found a problem with this document:

Other abuse

Transcription of ONTHOU - ngkerkvrystaat.co.za

1 1 U kan ons help dat predikante en hul gesinne kan rus. Rus is vir my n belangrike saak, omdat ek al uitbranding in die bediening beleef het. Ons het genoeg verlof, maar die meeste predikante en hul gesinne bevind hul egter in n doodloopstraat hiermee. Jy gaan hou dalk vakansie by familie, maar rus jy werklik by familie? Dit kos eenvoudig net te veel om te betaal om vakansie te hou! Om met Jan-tuisbly-se-pastorie-karretjie vakansie te hou werk nie vir almal nie. Ek is al baie gese n met lidmate wat vir my hul vakansiehuise as geskenk gee om in vakansie te hou, ander gesinne is egter nie so bevoorreg nie.

2 Help2 Rest wil dit vir predikante moontlik maak om gratis vakansie te gaan hou! Ons wil n diens verskaf aan predikant-gesinne, deur te begin by die NG Kerk. Op die oomblik, admin en bemarkingkostes asook kostes verbonde aan onderhandelinge, vra Help2 Rest, R100 per gesin per maand, wat ook die skoonmaak van die eenheid aan die einde van die week, sal insluit. Help2 Rest vra predikante en hul gesin R100 per maand vir admin-, bemarkingkostes en organisering van die diens. Emeriti-, proponente-, teologiestudente en hul gesinne sal gratis ingesluit word in hierdie diens (as hul dit so verkies).

3 Dit staan ook enige weldoener vry om emeriti-, proponente, teologie studente en hul gesinne te borg met R100 per gesin per maand. Die gesin kry dan 7 dae per jaar {Maandag in en Sondag uit} gratis verblyf in die eiendom. ONTHOU dat Help2 Rest graag hierdie diens gratis wil verskaf ( die werwing van borgskappe) en dit wil uitbrei tot 4 weke per jaar per gesin EN na alle predikante, emeriti, proponente en teologiese Studente van die NG Kerk in Suider-Afrika! Het jy n Vakansiehuis, n vriend met n vakansiehuis of n kontak by n vakansie-oord?

4 Wil jy nie asseblief vir ons by Help2 Rest een week per jaar skenk vir die predikante en hul gesinne om in te gaan rus nie? Sal u nie so vriendelik wees om ons in aanraking te laat kom met hierdie persone nie? Dit kan n woonstel in die middel van die stad wees, dit kan selfs iets ver weg van enige mense wees! Ons wil graag soveel as moontlik plekke daarstel vir predikante en hul gesinne om te gaan rus. Help2 Rest sal ook aan die einde van die gesin se verblyf in u eiendom betaal vir die skoonmaak van u eiendom deur n skoonmaker van u eie keuse.

5 U maak dalk al baie jare van n spesifieke persoon gebruik of van n spesifieke diens, daarom maak ons n nota hiervan wanneer u eiendom by ons gelys word. U kan natuurlik ook Help2 Rest kontak as n borg of as adverteerder, en ons sodoende help om hierdie diens nog goedkoper aan geestelike leiers te verskaf (of uiteindelik dit gratis aan hulle te bied). Ons gaan eers volstaan by R100 per gesin per maand, asook een week per gesin per jaar. Ons wil graag vir soveel as moontlik gesinne die geleentheid gee om te gaan rus! Help2 Rest is reeds aktief op Facebook by en u kan ons op die volgende e-pos adres, faks of selfoon kontak.

6 FAKS: 086 567 7004 TEL: 082 388 5002 Dankie vir u aandag. Help ons sodat ons ander kan help om te rus. Groete. Theo Oosthuyzen (082 388 5002) - NG Kerk Senekal, Vrystaat 2 Help2 Rest Predikant inskrywingsvorm OF borg van n predikant {SKRAP WAT NIE VAN TOEPASSING IS NIE} Kontakbesonderhede van die Borg Voornaam: _____ Van: _____ E-pos: _____ Telefoon (Huis): _____ Faks: _____ Telefoon (Werk): _____ Selfoon: _____ Is dit vir u moontlik om n gesin / gesinne per maand te borg?: JA ____ / NEE ____ Hoeveel geld is dit vir u moontlik om per maand te betaal om Emeriti, Tentmakers, Predikante in Kontrakposte, of Teologiesestudente te borg?

7 R _____ Kontakbesonderhede van predikant Voornaam: _____ Van: _____ E-pos: _____ Telefoon (Huis): _____ Faks: _____ Telefoon (Werk): _____ Selfoon: _____ Titel: _____ Geboortedatum: _____ Woonadres: _____ Posadres: _____ Gemeente: _____ Sinode: _____ Voltydse predikant: ___ Tentmaker: ___ Kontrakpos: ___ Emeritus: ___ Teologiese student: ___ Aantal jare?: _____ Is u getroud? _____ Huweliksmaat Kontakbesonderhede / Ander lid van die gesin Verwantskap: _____ Voornaam: _____ Van: _____ E-pos: _____ Telefoon (Huis): _____ Faks: _____ Telefoon (Werk): _____ Selfoon: _____ Aantal persone wat saam vakansie hou?

8 Besonderhede van volwassenes {persone 18jaar en ouer} : _____ Ouderdom: _____ : _____ Ouderdom: _____ : _____ Ouderdom: _____ Besonderhede van kinders {persone onder 18} : ____ 2. ____ 3. ____ 4. ____ 5. ____ Is dit vir u moontlik om R100 / gesin / maand te betaal?: JA ____ / NEE ____ Sodra u hierdie vorm ingevul het, e-pos of faks dit vir ons. Ons sal u dan van die bankbesonderhede voorsien, tesame met u H2R (Help2 Rest) lidnommer. Wanneer u die inbetaling gedoen het, e-pos of faks asseblief dan die bewys van betaling aan ons.

9 FAKS: 086 567 7004 TEL: 082 388 5002 Vir Help2 Rest Kantoorgebruik Soort Lidmaatskap: Selfbetalend: ___ Gratis: ___ Borg: ___ H2R Lidnommer: _____ 3 Help2 Rest Lys van u Eiendom Neem asseblief 3 - 5 Foto s en WhatsApp of e-pos dit vir ons. Kort beskrywing van akkommodasie: _____ _____ _____ Tipe akkommodasie: Selfsorg? _____ Eiendom adres: _____ Provinsie: _____ Slaapkamers: ___ Eie beddegoed? _____ Dubbelbeddens: ___ Enkel: ___ Bunkbeddens: ___ Opvou: ____ TV: __ DSTV: __ Eie DSTV Kaart nodig? __ DVD: __ Kombuis toegerus?

10 ___ Badkamers: ___ Stort? ___ Bad? ___ Swembad: ___ Braai: ___ Motorhuis: ___ Eienaar Kontakbesonderhede Voornaam en van: _____ Woonadres: _____ Posadres: _____ E-pos: _____ Telefoon (Huis): _____ Faks: _____ Telefoon (Werk): _____ Selfoon: _____ Bestuurder / Agent Kontakbesonderhede Voornaam en van: _____ Woonadres: _____ Posadres: _____ E-pos: _____ Telefoon (Huis): _____ Faks: _____ Telefoon (Werk): _____ Selfoon: _____ Skoonmaker Voornaam en van: _____ Selfoon: _____ Kostes: _____ Is hierdie eiendom vir meer as 1 week per jaar beskikbaar?


Related search queries