Example: marketing

Graad 7 Vraestel: Leesbegrip en Taal Graad 7 Huistaal

Graad 7. Vraestel: Leesbegrip en Taal Graad 7 Huistaal Deur: Marida Myburgh, C & N Prim re meisieskool Oranje Lees en kyk Vraag 1. Lees die leesstuk noukeurig deur en beantwoord die vrae wat volg. SuzelleDIY. VOORWOORD. Baie mense vra my: Suzelle, waar kom jy aan al jou idees? . Wel, ek het oor die jare heen baie wenke en truuks uit boeke en tydskrifte versamel en daar's natuurlik altyd Google en my eie kreatiwiteit! Ek het al hierdie idees in my l er gehou met die hoop dat ek hulle eendag met my vriende sal kan deel. Dit is hoe SuzelleDIY begin het! Nou is ek ongelooflik opgewonde daaroor dat ek nog meer truuks met julle kan deel in hierdie wonderlike boek.

genoeg – bywoord van graad 2.5.3 saans – bywoord van tyd 2.5.4 Hier – bywoord van plek 2.6.1 basis 2.6.2 afleiding 2.6.3 samestelling 2.7 Bv. Die meisie is baie maer. 2.8 Bv. Die meisie sit langs die meer en staar na die water. 2.9.1 Die regte matras is deur Anne gekies. 2.9.2 Die ligte sal deur Tlago afgeskakel word.

Tags:

  Graad

Information

Domain:

Source:

Link to this page:

Please notify us if you found a problem with this document:

Other abuse

Transcription of Graad 7 Vraestel: Leesbegrip en Taal Graad 7 Huistaal

1 Graad 7. Vraestel: Leesbegrip en Taal Graad 7 Huistaal Deur: Marida Myburgh, C & N Prim re meisieskool Oranje Lees en kyk Vraag 1. Lees die leesstuk noukeurig deur en beantwoord die vrae wat volg. SuzelleDIY. VOORWOORD. Baie mense vra my: Suzelle, waar kom jy aan al jou idees? . Wel, ek het oor die jare heen baie wenke en truuks uit boeke en tydskrifte versamel en daar's natuurlik altyd Google en my eie kreatiwiteit! Ek het al hierdie idees in my l er gehou met die hoop dat ek hulle eendag met my vriende sal kan deel. Dit is hoe SuzelleDIY begin het! Nou is ek ongelooflik opgewonde daaroor dat ek nog meer truuks met julle kan deel in hierdie wonderlike boek.

2 Ek het baie idees ingesluit wat jou met allerhande dinge kan help. Miskien het jy hulp in jou huis nodig of soek jy 'n paar selfdoen-skoonheidswenke. In hierdie boek is wonderlike resepte vir partytjies, baie braai-truuks, en vele meer! My beste vriendin, Marianne, het selfs 'n hoofstuk in die boek. Sjym! So, sit jou beskermde stofbrille op, stof jou boor af en begin jou kreatiwiteit gebruik! Doen dit self! Want ja, lmal kan. Met baie liefde KLASGIDS LAERSKOOL | OKTOBER 2016 25. Graad 7. Samevatting As jy weet wat YouTube is, het die 21ste-eeuse nutsnooientjie, SuzelleDIY, sekerlik geen bekendstelling nodig nie. Di vrolike videoblogger wat sedert 2014 die kuberruimte met haar raad en daad op horings neem, is 'n sprekende bewys dat moderne boeremeisies se hande vir niks verkeerd staan nie: Hulle kan bak en braai, toor en boor, motorbande en muurproppe omruil, hul eie muskietweerder of mayonnaise of hondesjampoe meng en in 'n japtrap 'n halsstarrige duvet of vetkol of vlek se tjank aftrap.

3 Suzelle en Kie. bodder ook lankal nie meer met diamante nie koeksoda, wasgoedpennetjies en kraggereedskap is veel nuttiger vriende. In di lawwe, dog uiters praktiese handleiding, deel Suzelle en haar vriendin, Marianne, 70+ van hul slimste planne, boererate, resepte en geskenkidees plus 'n magdom nuttige wenke om te herwin, groener te leef en die algemeenste krisisse in en om die huis met lekkerkry klaar te kry. Doen dit self. Want ja, lmal kan. Aangepas en verwerk uit: SuzelleDIY (Die boek). Wat is die titel van hierdie leesstuk? (1). _____. In die titel is daar 'n letternaam. Waarvoor staan hierdie letternaam? (1). _____. Indien jy hierdie letternaam in Afrikaans sou vertaal, wat sou die letternaam wees en waarvoor staan dit?

4 (2). Letternaam: _____. Di Afrikaanse letternaam staan vir . _____. Wat is SuzelleDIY se slagspreuk? Wenk: Di slagspreuk staan in die voorwoord, sowel as die samevatting. (1). _____. Haal sinonieme, uit die leesstuk, aan vir die volgende woorde: (4). kunsgreep:_____. bruikbare:_____. 26 KLASGIDS LAERSKOOL | OKTOBER 2016. Graad 7. Siestog:_____. pla:_____. Wat is die afkorting vir Kompanjie? (1). _____. Watter drie dinge, volgens die leesstuk, is baie nuttiger vriende as diamante? (3). _____. _____. _____. Watter twee woorde in sin 1 van paragraaf 2 van die SAMEVATTING, dui daarop dat ons met moderne tegnologie te doen het? (2). _____.

5 _____. Suzelle het 'n klomp nuttige wenke in haar nuwe handleiding. Oor watter twee dinge gee sy ook raad, waaruit ons aflei dat sy omgee vir die aarde se gesondheid ? (2). _____. _____. Indien jy vir haar boek 'n ander titel sou moes gee, wat sou dit wees? (1). _____. Sal jy hierdie boek vir jouself koop? Gee 'n rede vir jou antwoord. (2). _____. _____. _____. TOTAAL: 20. KLASGIDS LAERSKOOL | OKTOBER 2016 27. Graad 7. Taalstrukture en konvensies Vraag 1. Kies 'n sinoniem/die beste beskrywing in KOLOM B wat die beste pas by die persoonsnaam in KOLOM A. Skryf die regte letter in KOLOM C. (6). KOLOM A KOLOM B KOLOM C. nutsnooi A . 'n Man wat self allerlei (klein) dienste in en om die huis verrig.

6 Selfdoenkoning B . 'n Vrou wat gehuur kan word om allerlei (klein) dienste in en om die huis te verrig. redaktrise C 'n Manlike afrigter van toneelspelers. joernalis D . 'n Vroulike toesighouer en rigtinggewer van bv. 'n tydskrif. Sy skryf gewoonlik self ook 'n rubriek voorin die tydskrif. outeur E . 'n Skrywer van 'n boek. regisseuse F . 'n Vroulike afrigter van toneelspelers. G . 'n Manlike toesighouer en rigtinggewer van bv. 'n tydskrif. Hy skryf gewoonlik self ook 'n rubriek voorin die tydskrif. H . 'n Verslaggewer [6]. Vraag 2. Bestudeer die wenke van Edblo en beantwoord die vrae. LEKKER SLAAP! Probeer di volgende vyf wenke van Edblo: 1.

7 Skep 'n roetine. Om 'n goeie slaapritme te ontwikkel moet jy probeer om elke dag min of meer dieselfde tyd te gaan slaap en op te staan, ook oor naweke. 2. Drink slim. Adrenalien-opkikkerende kafe en kan ure neem om jou gestel te verlaat. As jy dus 'n tee- of koffieliefhebber is, drink jou laaste koppie in die namiddag. 28 KLASGIDS LAERSKOOL | OKTOBER 2016. Graad 7. 3. Kies die regte matras. Binneveermatrasse bied fermer ondersteuning, terwyl vere wat individueel in sakkies omhul is net so gerieflik is, maar ook keer dat jou bedmaat se bewegings jou nagrus versteur. 4. Maak jou kop skoon. Raak asseblief ontslae van bekommernisse en stres deur 'n boek te lees of in die bad te ontspan.

8 5. Skakel die ligte af. Hoe donkerder die kamer is, hoe gouer sal jy insluimer en hoe beter sal jy slaap. Uit: GOEIE HUISHOUDING, Desember 2015. Kyk na die titel van hierdie wenke en benoem die woordsoorte van die twee woorde in die titel. (2). LEKKER:_____. SLAAP:_____. Watter soort sin is hierdie titel? (1). _____. Wat is die funksie van die beklemtoonde leestekens in die volgende sinne/woorde: (5). Probeer di volgende vyf wenke van Edblo. _____. Adrenalien-opkikkerende . _____. kafe en _____. 'n tee- of koffieliefhebber is _____. As jy 'n tee- of koffieliefhebber is, drink jou laaste koppie in die namiddag. _____. Gee die afkortings van die volgende woorde: (2).

9 Asseblief:_____. voormiddag:_____. Onderstreep die bywoord in elke sin hieronder en s dan watter soort bywoord elkeen is. (8). Drink vinnig jou laaste koppie koffie. _____. Slaap elke aand genoeg. _____. Ontspan saans. _____. Hier ontspan 'n mens. _____. KLASGIDS LAERSKOOL | OKTOBER 2016 29. Graad 7. Vraag 3. Bestudeer die oulike skeppings van SuzelleDIY en beantwoord die vrae. Jy's 'n ster! Jou vriende en familie sal in die wolke wees oor hierdie eetbare sterre. Jy benodig: Room en Goeie huishouding se gratis ster-ysbakkie Maak dit: Giet die room in die ysbakkie en vries tot solied. Druk die sterre uit die vorm en voeg by koffie net voor opdiening!

10 Raak kreatief met kiekies! Verras jou familie en vriende deur van hul Facebook-foto's te gebruik om jou eie geskenkpapier te maak. Jy benodig: Verskeie foto's en 'n drukker. Maak dit: Laai foto's op 'n gratis fotoredigeer- webwerf soos af en maak 'n collage. Druk dit uit en draai hulle geskenkpakkies toe! KLASGIDS LAERSKOOL | OKTOBER 2016 31. Graad 7. Sy het nog hope ander idees en speelgoed wat jou kan besig hou! Wat is die enkelvoud van speelgoed? (1). _____. Gee 'n sinoniem vir foto's. (1). _____. Gee die verkleining van foto's. (1). _____. Gee die verkleining van sterre. (1). _____. Wat is die vergrotende trap van kreatiefste? (1).


Related search queries