Example: stock market

KANSA bied lewenskwaliteit te kan verbeter tydens al die ...

KANSA bied riglyne en ondersteuning aan kankeroorwinnaars en hul families om hul lewenskwaliteit te kan verbeter tydens al die behandelingsfases Elkeen wat met kanker gediagnoseer word, beleef die ervaring op n unieke wyse. Geen mens volg dieselfde paadjie tydens en na kankerbehandeling as n ander nie. Almal hanteer 'n kankerdiagnose, behandeling en selfs remissie op verskillende maniere, maar een ding wat almal in gemeen het, is die behoefte aan 'n goeie ondersteuningsnetwerk Ondersteuningsgroepe KANSA se aktiewe ondersteuningsgroepe bring pasi nte, langtermyn oorwinnaars en geliefdes in aanraking met ander oorwinnaars en versorgers vir insig, morele ondersteuning, hoop en inspirasie - asook sterwensbegeleiding waar nodig Ondersteuningsgroepe Ondersteuningsgroepe sluit in: Hoping is Coping -groepe Sharing and Caring -groepe Kankerspesifieke groepe (soos prostaatkanker ondersteuningsgroep) Weeklike besoeke aan onkologie sentrums Tough Living with Cancer (TLC)-groepe (ondersteuning aan kinders met kanker en aan gesinne wat deur kanker geraak is) Kanker kan ons op meer as net n fisiese vlak raak.

Elkeen wat met kanker gediagnoseer word, beleef die ervaring op ‘n unieke wyse. Geen mens volg dieselfde paadjie tydens en na kankerbehandeling as ‘n ander nie. Almal hanteer 'n kankerdiagnose, behandeling en selfs remissie op

Information

Domain:

Source:

Link to this page:

Please notify us if you found a problem with this document:

Other abuse

Transcription of KANSA bied lewenskwaliteit te kan verbeter tydens al die ...

1 KANSA bied riglyne en ondersteuning aan kankeroorwinnaars en hul families om hul lewenskwaliteit te kan verbeter tydens al die behandelingsfases Elkeen wat met kanker gediagnoseer word, beleef die ervaring op n unieke wyse. Geen mens volg dieselfde paadjie tydens en na kankerbehandeling as n ander nie. Almal hanteer 'n kankerdiagnose, behandeling en selfs remissie op verskillende maniere, maar een ding wat almal in gemeen het, is die behoefte aan 'n goeie ondersteuningsnetwerk Ondersteuningsgroepe KANSA se aktiewe ondersteuningsgroepe bring pasi nte, langtermyn oorwinnaars en geliefdes in aanraking met ander oorwinnaars en versorgers vir insig, morele ondersteuning, hoop en inspirasie - asook sterwensbegeleiding waar nodig Ondersteuningsgroepe Ondersteuningsgroepe sluit in: Hoping is Coping -groepe Sharing and Caring -groepe Kankerspesifieke groepe (soos prostaatkanker ondersteuningsgroep) Weeklike besoeke aan onkologie sentrums Tough Living with Cancer (TLC)-groepe (ondersteuning aan kinders met kanker en aan gesinne wat deur kanker geraak is) Kanker kan ons op meer as net n fisiese vlak raak.

2 Of jy nou nuut-gediagnoseer is en of jy reeds vantevore kanker gehad het, of die versorger/geliefde is van iemand wat kanker het, jy kan emosionele en/of geestelike spanning as deel van n natuurlike menslike reaksie ervaar Individuele Berading Individuele berading in 'n veilige en geborge omgewing is 'n effektiewe manier om van sulke spanning ontslae te raak Ons ervare beraders staan mense by om hulle gevoelens, aspirasies en vrese beter te hanteer. Berading is beskikbaar vir mense met kanker asook hulle geliefdes Jou donasie van R60 kan ons help om vir een individuele berading sessie te betaal Mediese Uitleen van Toerusting Sorgtuistes verhuur mediese toerusting aan kankerpasi nte, soos rolstoele, stilletjiestoel of eierdop matrasse, na 'n operasie of tydens behandeling Behandeling van kanker lei dikwels tot haarverlies. KANSA het baie pruike wat gehuur of gekoop kan word Marie Claire Kindest Cut Veldtog KANSA is in vennootskap met Marie Claire en daag lesers uit om deel te word van die Kindest Cut Veldtog Lesers word uitgedaag om hul hare te skenk of 'n aanlyn donasie aan KANSA te maak, om sodeonde pruike te lewer aan ons KANSA Sorgsentra vir kanker pasi nte besoek Marie Claire Kindest Cut Veldtog Hoe om jou hare te skenk.

3 Hare moet 22cm of langer wees Hare moet skoon en droog wees Wanneer die hare gesny word, bind asseblief beide kante met 'n rekkie en plaas in 'n zip-lock sakkie Om uit te vind waar om die hare te stuur of om 'n skenking te maak , besoek KANSA het die afgelope Ondersteuning aan 7 493 individuele kankerpasi nte verleen deur middel van ons 110 ondersteuningsgroepe en met behulp van ons 2 950 opgeleide sorg- en ondersteunings- vrywilligers Ongeveer 3 045 pasi nte elke maand besoek en ondersteun terwyl hulle kankerbehandeling by onkologie-klinieke ontvang het 45 000 individue wat deur kanker geraak is met berading ondersteun terwyl 4 278 mense baat gevind het deur mediese hulptoerusting wat aan hulle beskikbaar gestel is KANSA Sorgtuistes Ons verskaf landswyd huisvesting aan pasi nte wat ver van hulle huis moet reis vir kankerbehandeling Pasi nte gaan vir gemiddeld ses weke op 'n keer tuis by ons KANSA Sorgtuistes.

4 Maaltye en vervoer na en van die verskeie behandelingsentra word ook gratis verskaf Pasi nte ontvang ook holistiese sorg en ondersteuning tydens hul verblyf (ondersteuningsgroepe, 'n paar Sorgtuistes het susters wat ook sorg aan die pasi nte bied) KANSA het die afgelope 4 186 Individuele pasi nte by KANSA se 12 Sorgtuistes verwelkom tydens die pasi nte se gekombineerde verblyf van 6 weke, is 376 740 maaltye aan hulle voorgesit Jou donasie van R500 sal ons help om akkommodasie, kos en vervoer te verskaf aan kanker-oorwinnaars wat ver moet reis vir behandeling KANSA Sorgfasiliteit Kanker- (en ander) pasi nte word uitstekend versorg in ons 8-bed hospitium - die Theunis Fichardt Hospitium in Polokwane KANSA Ondersteuning vir kinders en families KANSA TLC Nicus-tuiste by die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria is n Sorgtuiste vir ouers wie se kinders kankerbehandeling ondergaan en het die geweldige behoefte bevredig aan verblyf vir ouers vir die duur van hul kinders se behandeling Ons ondersteun ook 'n KANSA TLC Pediatriese Onkologie-Saal by die Pietersburg Provinsiale Hospitaal in Polokwane wat in-huis akkommodasie aan moeders, voogde en versorgers bied Spesialis sorg wat aangebied word by sommige van ons KANSA Sorgsentra behels die behandeling van die komplikasies as gevolg van die behandeling van kanker - spesifiek limfedeem, stoma en behandeling van akute en chroniese wonde KANSA bied ook borsprosteses.

5 Wat kundig gepas word deur opgeleide KANSA personeel en vrywilligers en word verkoop by sekere Sorgsentra, waar berading en ondersteuning gedurende hierdie proses insluit Besoek gerus ons webwerf om te bevestig of jou KANSA Sorgsentum hierdie diens bied Akute en Chroniese Wondsorg Wonde genees deur die liggaam se natuurlike helingsproses, maar daar is tye wanneer n wond klein en groot nie genees soos dit moet nie Sommige van die KANSA Sorgsentra bied raad en spesialis wondsorg aan pasi nte Stoma-sorg Ons kundiges doen voor- en na-operatiewe berading en help vooraf om die optimale stoma ligging te bepaal Advies oor inkontinensie en hanteringsvaardighede word aan pasi nte en hul gesinne gebied Ons bied ook die verkoop van koste-effektiewe stoma produkte Limfedeembehandeling Ons help met die versorging van pasi nte met limfedeem Ons spesiaal opgeleide terapeute gebruik Volledige Ledigingsterapie (VLT) om limfedeemsimptome by kankerpasi nte te verlig VLT-behandeling sluit in manuale limfdreinering, drukverbande, spesiale oefeninge en vel- en naelversorging Let asseblief daarop dat limfedeembehandeling is slegs beskikbaar by sommige van die KANSA Sorgsentra (besoek ons webblad vir meer besonderhede) KANSA het die afgelope Spesialisversorging aan meer as 4 539 stoma pasi nte oor die afgelope jaar gebied Sorg aan n gemiddeld van 44 limfedeem pasi nte maandeliks verskaf KankerSorg Hanteringsgids n Kankerdiagnose kan vreesaanjaend en spanningsvol wees.

6 Daarom is ons KankerSorg Hanteringsgids (2 oudio CD's) so waardevol vir mense wat onlangs met kanker gediagnoseer is. Dit verskaf inligting en praktiese wenke om fisiese, emosionele en geestelike welsyn te bevorder, voor en tydens behandeling kortweg, dit help jou en jou geliefdes om kanker te kan hanteer Ons hersiene gidse bevat ook wenke en advies van kankeroorwinnaars wat weet hoe moeilik dit werklik is om met kanker saam te leef Jou donasie van R120 kan ons help om die KankerSorg Hanteringsgids te produseer en aan n kankeroorwinnaar beskikbaar te stel Ons beveg kanker deur die publiek bewus te maak van die noodsaaklikheid van vroe opsporing om meer effektiewe behandeling en n beter kans op herstel moontlik te maak Gemeenskapsgebaseerde kankersorgprogram Gemeenskappe ver van KANSA Sorgsentra trek voordeel uit ons bestaande gemeenskapsgebaseerde kankersorgprogram Gemeenskapsgebaseerde kankersorgprogram Dit sluit in: Gereelde kankersiftingsklinieke wat soveel mense moontlik bereik.

7 Diegene wat met kanker gediagnoseer word en behandeling benodig, word bygestaan Ons bied ook opleiding aan tuisversorgers in gemeenskappe Mobiele Gesondheidseenhede reis na afgele gebiede in Suid-Afrika om mense te bereik wat nie andersins toegang tot kankersiftings-ondersoeke sou h nie (Papsmere, PSA s, borsondersoeke, ens.) Gemeenskapsgebaseerde kankersorgprogram Jou donasie van R4 500 kan een van ons mobiele klinieke vir n dag onderhou Gemeenskapsgebaseerde kankersorgprogram PHAKAMISA Phakamisa bied 'n geleentheid aan vrywilligers om in die ondersteuning van borskanker pasi nte te spesialiseer Ons bemagtig vrywilligers met ho -vlak kennis en vaardighede in hierdie veld Vrywilligers help en navigeer borskanker pasi nte om die openbare behandelingsisteem vinniger en meer doeltreffend te gebruik Dit lei tot n meer speodige diagnose en beter behandeling wat tot n laer sterftesyfer sal bydra Slegs vrywilligers met ondervinding word gekeur vir hierdie program Hulle versterk en ondersteun die verwysingstelsel asook die opvolg van borskanker pasi nte Gemeenskapsgebaseerde kankersorgprogram PHAKAMISA Het jy geweet?

8 Ons het meer as 350 Phakamisa vrywilligers opgelei wat 85 600 vroue direk bevoordeel het Gemeenskapsgebaseerde kankersorgprogram MOVEMBER Vrywilligers help en navigeer prostaat- en testikul rekanker pasi nte om die openbare behandelingsisteem meer doeltreffend te gebruik Hulle ondersteun en probeer om die behoeftes van die pasi nte en hul families te bevredig Hulle bied ook bewusmakingsprogramme in hul onderskeie gemeenskappe Manlike vrywilligers word gewerf en opgelei vir die Movember Navigeer Projek Almal is opgelei in prostaat- en testikul rekanker Gemeenskapsgebaseerde kankersorgprogram MOVEMBER Het jy geweet? Tussen Februarie en Junie 2013 het ons 97 mans as vrywilligers opgelei, waaronder daar 9 leier-vrywilligers was, wat n impak gehad het op 27 000 mans. Gemeenskapsgebaseerde kankersorgprogram Soek-die-moesie -velklinieke word gehou tussen November en Februarie, met die hulp van die FotoFinder masjien Gemeenskapsgebaseerde kankersorgprogram Prostaat siftingstoetse, met die gebruik van die vinnige Prostaat Spesifiek Antigeen (PSA) toetse n PSA toets is 'n eenvoudige bloedtoets wat help om prostaatkanker op te spoor Gemeenskapsgebaseerde kankersorgprogram Servikale siftingstoetse Borsondersoeke (met die hulp van die SureTouch masjien) Lewensrisiko assessering Gemeenskapsgebaseerde kankerbewusmakingsveldtogte Aktiewe deelname aan Gesondheidsdae Jaarlikse bewusmakingsveldtogte, naamlik Mansgesondheid Vrouegesondheid Kinders en Jeug Omgewing (insluitend SonSlim) Geen-Tabak Gebalanseerde Lewenstyl Jou donasie van R200 kan ons help om 600 bewusmakingspamflette te druk KANSA het die afgelope Kankersiftingstoetse gedoen.

9 15 140 Papsmere vir die opsporing van servikale kanker en n verdere 4 824 is gefasiliteer in venootskap met die Departement van Gesondheid (DVG) vir servikale kanker 16 310 Borsondersoeke om knoppe op te spoor en n verdere 1 726 is gefasiliteer in n venootskap met die DVG 9 773 PSA-toetse om prostaatkanker op te spoor en n verdere 110 is gefasiliteer in n venootskap met die DVG 726 Velondersoeke en 1 191 Fotofinder-ondersoeke vir velkanker KANSA het die afgelope 670 000 inligtingspamflette en 8 300 plakkate versprei om ons bewusmakingsveldtogte te bevorder Toegewyde KANSA Inskakelsentrum Vriendelike en bekwame personeel by ons tolvrye inskakelsentrum bied deernisvolle diens, bewusmakingsmateriale, inligting en verwysings aangaande enige aspek van kankerondersteuning en -sorg. Ons beantwoord jou vrae en spreek jou bekommernisse aan Kontak ons: Skakel ons tolvry by 0800 22 66 22 Die KANSA Inskakelsentrum het in die afgelope 21 000 mense bedien in reaksie op navrae en versoeke 13 000 mense is telefonies bygestaan 8 000 epos-navrae gehanteer Kontak ons: Skakel ons tolvry by 0800 22 66 22 Epos Besoek ons by Jou donasie van R150 kan help om die Inskakelsentrum vir n halfuur te beman KANSA se nasionale toekennings Gebaseer op gesonde bestuur, word KANSA vandag gerespekteer as 'n internasionale leier in die stryd teen kanker en 'n bekroonde NWO KANSA ondersteun oorwinnaars aanlyn Teken in op ons KANSA se Nasionale Facebook-blad: CANSA The Cancer Association of South As jy 'n oorwinnaar is, besoek asseblief ons Facebook-blad ter ondersteuning van kankeroorwinnaars: Champions of Hope - CANSA Survivors Word ook deel van ons Twitter-blad: @CANSA - Word deel van ons Pinterest.

10 Kyk na ons videos op YouTube: KANSA ondersteun oorwinnaars aanlyn KANSA het ook die nuwe e-aanlyn iSurvivor program bekendgestel wat die eerste van sy soort in die w reld is. Dit maak gebruik van kort, weeklikse e-posse wat kankeroorwinnaars help met hulle kankerreis en help oorwinnaars om dit beter te hanteer Hierdie is 'n gratis e-pos program geskryf deur 'n kankeroorwinnaar om ander oorwinnaars te help Kyk ons videos Aartsbiskop het n boodskap vir jou: KANSA Sorg en Ondersteuning: KANSA Sifting: KANSA as n Waghond KANSA se aktiewe waghondfunksie en toepaslike posisie is gebaseer op die bevindings van wetenskap-gefundeerde navorsing. KANSA gebruik voorspraak en steunwerwing om besluitnemers in te lig oor die veranderinge wat nodig is om die publiek te beskerm teen bekende karsinogene (kankerveroorsakende stowwe) Life is Beautiful Hierdie boekie is vervaardig om noodsaaklike navorsing beskikbaar te maak aan lede van die publiek.


Related search queries