Example: bachelor of science

MIS - Reza de Wet - EDULIS

Gids: Letterkundeondersteuningskomitee Februarie 2009 MIS 0 qwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdf ghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqw ertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfgh jklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwer tyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjk lzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwerty uiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklz xcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyui opasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxc vbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiop asdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvb nmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmrtyuiopasdfg hjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwe rtyuiopasdfghjklzxcvbnmqwert MIS REZA DE WET Letterkundeondersteuningskomitee (LOK) Februarie 2009 Cornelia du Preez, Dorothea van Zyl, Venetia Cavernelis Gids:Letterkundeondersteuningskomitee Februarie 2009 MIS 1 inhoudsopgawe 1.

INHOUDSOPGAWE 1. INLEIDING 2 Reza de Wet as mens 2 Haar dramas 3 Jungiaanse invloed op haar werke 3 2. STRUKTUUR VAN DIE DRAMA 5 3. DIE TITEL 6 4. RUIMTE 7 5. TYD 8 6. PERSONASIES 9 Miem 9 Gertie 11 Meisie 11 ...

Tags:

  Inhoudsopgawe

Information

Domain:

Source:

Link to this page:

Please notify us if you found a problem with this document:

Other abuse

Advertisement

Transcription of MIS - Reza de Wet - EDULIS

1 Gids: Letterkundeondersteuningskomitee Februarie 2009 MIS 0 qwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdf ghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqw ertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfgh jklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwer tyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjk lzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwerty uiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklz xcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyui opasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxc vbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiop asdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvb nmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmrtyuiopasdfg hjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwe rtyuiopasdfghjklzxcvbnmqwert MIS REZA DE WET Letterkundeondersteuningskomitee (LOK) Februarie 2009 Cornelia du Preez, Dorothea van Zyl, Venetia Cavernelis Gids:Letterkundeondersteuningskomitee Februarie 2009 MIS 1 inhoudsopgawe 1.

2 INLEIDING 2 Reza de W et as mens 2 Haar dramas 3 Jungiaanse invloed op haar werke 3 2. STRUKTUUR VAN DIE DRAMA 5 3. DIE TITEL 6 4. RUIMTE 7 5. TYD 8 6. PERSONASIES 9 Miem 9 Gertie 11 Meisie 11 Konstabel 12 Pa 13 7. KARAKTERISERING 14 8. SPANNING 14 9. BOTSING 17 10. STRYDENDE MAGTE 17 11. SIMBOLE EN METAFORE 18 12. NIE-VERBALE SIMBOLE 20 13. SPROKIESELEMENT 22 14. VERW YSINGS NA BLINDHEID, O EN SIG 23 15. KLASKAMERPRAKTYK 24 Assesseringstandaarde 24 Kognitiewe vlakke 25 Werkskedule 26 Lesplan 29 Aanvullend tot die Werkskedule en Lesplan: Werkswyse 30 Indeling van werkboeke 30 Tuisopdrag 31 Moontlike antwoorde (Tuisopdrag) 32 Voorbeeld van n kontekstuele vraag 35 Moontlike antwoorde (kontekstuele vraag) 38 Voorbeeld-langvrae en memoranda 39 Langvraag 1 39 Langvraag 2 41 Langvraag 3 42 Gids.

3 Letterkundeondersteuningskomitee Februarie 2009 MIS 2 Kontrolelys vir langvrae 43 Nog take/Moontlike assesseringstake 44 Integrasie binne die vak - Moontlike take 45 Luister en Praat 45 Skryf en Aanbied 46 16. BRONNELYS 47 17. FOTO S/ PLAKKAAT 48 INLEIDING Reza de W et is die mees bekroonde en produktiefste dramaturg in Afrikaans. Haar eerste toneelstuk, Diepe grond, wat in 1985 heelwat aandag getrek het weens die kontroversi le aard daarvan, is in 1986 gevolg deur Op dees aarde, ook as n Kampustoneelstuk, met Reza self in die hoofrol. Nag generaal is in 1988 vir die eerste keer by die Standard Bank Nasionale Kunstefees in Grahamstad opgevoer. In 1991 is die drie stukke saam gepubliseer, met die titel Vrystaat-trilogie.

4 De W et se werk het vanuit die staanspoor sterk negatiewe n positiewe kommentaar uitgelok. Uiteindelik is Vrystaat-trilogie bekroon met sowel die Rapport-prys vir drama en die CNA debuut-toekenning vir Afrikaanse literatuur. Dit is ook vertaal en veral die eerste twee stukke word steeds gereeld in Suid-Afrika n in die buiteland opgevoer. Die tekste in Trits weerspie l aldrie n soeke na innerlike versoening tussen rasionele en irrasionele, asook die manlike en vroulike binne die mens. Dit dui op die opponerende magte binne die mens. Die manlike beginsel berus op die behoefte om alles te definieer en volgens spesifieke reels en norme te lewe. Die vroulike beginsel maak n mens vry. Vir die vrou is alles altyd in n proses van wording. Hierdie magte lei tot konflik in die mens en word uitgebeeld in die stryd om bevryding uit die magte. In Mis het ons die stryd om bevryding vanuit die eng bestaan van die gesin, hul dogmatiese, rigiede bestaan.

5 Daar vind in die teks innerlike en uiterlike transformasies plaas by sommige van die karakters. Aan die een kant het ons die beswering (afsweer/vernietiging/uitbanning) van die bose en aan die ander kant weer die bevryding daaruit ontvlugting of ontboeseming. Geeneen van die dramas in die bundel kan as suiwer realisties beskou word nie. Dit vind n vertrekpunt in die skynrealistiese en herkenbare werklikheid, maar groei tot verbeeldingsvlugte en verg dus n meer simboliese tipe lesing. Die tekste in Trits ontgin die tema van die tradisionele Afrikanermeisies wat ontvlug omdat die saaiheid van hul eng, kleinburgerlike bestaan nie kan opweeg teen die eksotiese en bevrydende w reld van bv. die sirkus, teater of film nie. Reza de Wet as mens Om De W et se tekste te bestudeer is dit nodig om iets van haar agtergrond te wete te kom.

6 Haar tekste leun swaar op haar agtergrond. Gids:Letterkundeondersteuningskomitee Februarie 2009 MIS 3 Sy is op Senekal in die Vrystaat gebore. Haar pa was n regter en haar ma n radiografis. Sy beskryf haar ma as n betowerende mens met wie sy n besondere band gehad het. Haar ma was baie betrokke by opvoerings. Sy het vir haar allerlei stories vertel en haar sodoende aan die betowerende/magiese w reld van die storie bekendgestel. So is sy aan Die Goue Kring van Uys Krige bekendgestel. Die magiese w reld van die tekste het haar aangegryp. Sy het tot vandag toe die beeld van die teater as magiese w reld van spel en droom. Ander opvoerings wat haar werk be nvloed het, is Opdrifsels van HA Fagan. Haar drama, Drif, is geskryf na aanleiding van Fagan se teks.

7 Sy is ook n Chekov-aanhanger. Haar Drie susters twee is weer gebaseer op die Russiese Drie Susters deur Chekov. Bartho Smit het net so n groot invloed op haar skryfstyl gehad met absurde tekste soos Die Keiser en Christine. Haar tekste is baie intertekstueel as gevolg van die geweldige uitwerking wat ander skrywers op haar gehad het. Haar tekste is ook gedurig in gesprek met mekaar. Ons kry die verlossingsidee in baie van haar tekste, asook die idee van die ouer, dominerende persoon. Ons sien in Diepe Grond, Mis en Op dees aarde elke keer die persoon wat kamma nie wil weet nie, maar tog nie kan ophou uitvra nie. Dieselfde beelde, bv. droom, blomme, groei en die man as verlosser kom in byna al haar tekste voor, om nie eens te praat van die magiese realisme nie! Sy gaan skool aan Oranje Meisieskool in Bloemfontein en word erg bewus van die enge Afrikanerdom.

8 Hier maak sy kennis met die rasionele Calvinisme se streng re ls, tradisies en konvensies. Hierdie Calvinisme kom in so te s al haar tekste voor. Daar is altyd n toespeling op die skynheiligheid van die Calvinistiese greep. Eugene Marais se werk, veral die spookstories, het haar ook gefassineer. Dit vind neerslag in tekste soos Drif en Op dees Aarde, asook Mis. Alba Bouwer se Stories van Rivierplaas het ook n groot invloed op haar werk gehad. Trouens, Diepe Grond se karakters se name moes verander word omdat sy hulle na Bouwer se karakters vernoem het, nl. Alie, Hennie en Melitie. Sy het drama en Engels aan die UOVS bestudeer. Sy is dus nie net dramaturg nie, maar ook aktrise, wat altyd in n dramaturg se guns tel, want hulle weet wat op die verhoog werk of nie. Sy werk ook metatekstueel, n toneelstuk binne n toneelstuk, bv.

9 Mirakel met die opvoer van die Middeleeuse mirakelspel Elkeman. Droom en werklikheid is sterk teenwoordig in haar werk. Sekere elemente kan in amper al haar werke aangetref word. Die gewone mens, veral die Afrikaner, kan sterk met haar werk identifiseer. De W et het die volgende Afrikaanse dramas geskryf: Vrystaattrilogie (gepubliseer in 1991): Diepe Grond Op dees Aarde Nag, Generaal Trits - (gepubliseer in 1993): Mis Mirakel Gids:Letterkundeondersteuningskomitee Februarie 2009 MIS 4 Drif (Hierdie twee bundels is ook in Engels vertaal). Drie Susters twee (opgevoer in 1997) Broers (gebaseer op die Chekov-broers, Anton en Andr , se lewens) (Ook bekend as Brothers Chekov) Verleiding (2005) Blou uur (2008) Sy skryf ook Engelse dramas, waarvan sommiges kommentaar lewer op die Engelse wat neersien op die Afrikaner, maar sommige is ook Chekov-geori nteer.

10 A Worm in the Bud (1988) In different ligh (1990) Breathing in (2004) Concealment (2007) A Lake beneath the surface ( n stuk wat vir physical theatre geskryf is), Yelena ( n opvolg op Chekov se Oom Wanja 1998) Reza de W et was dramadosent aan die Universiteit Rhodes in Grahamstad, maar sy het intussen afgetree. In teenstelling met die benoudheid wat sy in die Vrystaat beleef het, bied Grahamstad vir haar meer vryheid waar sy voel sy kan natuurlik en intu tief leef. Jungiaanse invloed op haar werke Die sielkundige, Jung, het n groot invloed op haar skryfwerk gehad. Die teenwoordigheid van n magiese, misterieuse, bevrydende mansfiguur in baie van haar dramas het hul ontstaan vanuit haar Jungiaans-ge nspireerde drome van n bevrydende animus (man). Animus verwys na man en anima verwys na vrou. Beide anima en animus is in elke mens teenwoordig, maar nie noodwendig in harmonieuse balans nie.


Related search queries