Example: barber

02/2022 20 Januarie 2022 - oos-moot.co.za

02/2022 20 Januarie 2022 Waarde vir die week: WEES LIEF VIR MEKAAR Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te h . Johannes 13:34 Ek gee jul n nuwe opdrag: Julle moet mekaar liefh soos ek julle liefhet, net so moet julle mekaar liefh Christus se liefde inspireer ons, wees lief vir mekaar! BAIE DANKIE Hoewel dit net die tweede week van amptelike skool is, is ons ouers, leerders en personeel reeds by verskeie van ons aktiwiteite betrokke. BAIE DANKIE vir elkeen se tyd en opoffering.

WISKUNDE SENTRUM Die Wiskunde sentrum word GRATIS deur verskeie van die skool se eie vakpersoneel aangebied. Enige leerder mag dit bywoon en dit word veral sterk aanbeveel vir die leerders wat sukkel met Wiskunde. Die klasse vind op Maandae middae vanaf 14:00 – 15:00 plaas. Geen sport word dan beoefen

Tags:

  Wiskunde

Information

Domain:

Source:

Link to this page:

Please notify us if you found a problem with this document:

Other abuse

Transcription of 02/2022 20 Januarie 2022 - oos-moot.co.za

1 02/2022 20 Januarie 2022 Waarde vir die week: WEES LIEF VIR MEKAAR Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te h . Johannes 13:34 Ek gee jul n nuwe opdrag: Julle moet mekaar liefh soos ek julle liefhet, net so moet julle mekaar liefh Christus se liefde inspireer ons, wees lief vir mekaar! BAIE DANKIE Hoewel dit net die tweede week van amptelike skool is, is ons ouers, leerders en personeel reeds by verskeie van ons aktiwiteite betrokke. BAIE DANKIE vir elkeen se tyd en opoffering.

2 Dit dra by die tot sukses van al ons aktiwiteite en geleenthede. SKOOL VERDAAG VROEG Ons Oosies se ongelooflike gees en deelname tydens die afgelope week se aktiwiteite en veral die Interhuis atletiekbyeenkoms het die bestuur laat besluit om n klein vergunning aan die leerders te maak. Die skool verdaag op Vrydag, 21 Januarie 2022 om 12:00. AKADEMIE INLIGTINGSAANDE Ons nooi graag die volgende grade se ouers en leerders na die inligtingsaande op die volgende datums: Graad 10/11 Datum: 24 Januarie Tyd: 18:30 Plek: Skoolsaal Graad 9 Datum: 31 Januarie Tyd: 18:30 Plek: Skoolsaal Belangrike aspekte van die leerders se jaar sal bespreek en uitgelig word.

3 Ons versoek vriendelik dat ouers en leerders asseblief die vergadering sal bywoon. TOETSROOSTER Die toetsrooster vir die eerste kwartaal is: per e-pos na die ouers en leerders gestuur; word in harde kopie aan die leerders gegee om in hul dagboek te plak (spesifieke bladsy daarvoor beskikbaar); en is op die skool se webwerf beskikbaar. IGO TEKENGEREEDSKAP EN WERKBOEK Die tekengereedskap pakkette se aankope het gesluit en bestellings kan ongelukkig nie meer gemaak word nie. Die graad 10 tot 12 werkboek (R200) moet so gou moontlik betaal word.

4 wiskunde SENTRUM Die wiskunde sentrum word GRATIS deur verskeie van die skool se eie vakpersoneel aangebied. Enige leerder mag dit bywoon en dit word veral sterk aanbeveel vir die leerders wat sukkel met wiskunde . Die klasse vind op Maandae middae vanaf 14:00 15:00 plaas. Geen sport word dan beoefen nie, aangesien dit van kardinale belang is dat die leerders di klasse bywoon. Die sportoefeninge begin op Maandae eers na 15:00. Personeel en lokale waar dit aangebied word: Graad 8 : Mnr Ruan de Villiers (T1) Graad 9 : Me Stefanie van de Wetering (T3) Graad 10 : Mnr Drico Snyman (T4) Graad 11 : Me Vanessa Gertzen (K68) Graad 12 : Mnr Juan Pretorius (T5) In die geval waar daar te veel leerders vir een lokaal is, sal n ander personeellid die oorvloei in n ander lokaal hanteer.

5 E-LEER (GOOGLE CLASSROOM) Graad 8- en nuwe leerders moet asseblief registreer vir e-leer (Google Classroom). Die skool het vir elke leerder n skool e-posadres geskep. Al het n leerder reeds n e-posadres moet hy/sy hierdie skoolrekening gebruik en daarop inteken. Jou skool e-posadres is jou (bv. 8888@oos- ). Die leerder se toelatingsnommer is op die skool se d6-toep beskikbaar. Indien u nog nie op die skool se d6 Connect toep (app) is nie, registreer so gou moontlik deur die app op Google Play Store af te laai en te registreer.

6 Indien u enige probleme met registrasie ondervind kontak: Die leerder se wagwoord vir Google Classroom is OMleerder. Verander asseblief die wagwoord sodra ingeteken is, sodat ander leerders dit nie kan gebruik nie. Die leerder sluit so by Google Classroom aan en ontvang beplanning en aanvullende notas. Die leerder is reeds in die regte klas geplaas en moet net inlog en accept . Indien n leerder by n vak ingedeel is wat hy/sy nie het nie, moet dit hul net nie aanvaar nie. Op die platform kan personeel notas stuur, toetse, video s en skyfies plaas en leerders interaktief met sy/haar onderwyser kommunikeer.

7 N Leerder wat nie vir een van haar/sy vakke genooi is nie kan die onderwyser per e-pos kontak. Alle onderwyspersoneel se skool e-posadresse is beskikbaar op die skool se webblad by (Personeel/Onderwyspersoneel of Akademie/Aanlynklasse). Inligting en instruksies (notas en video s) om leerders behulpsaam te wees met die inteken op Google Classroom is beskikbaar op die skool se webblad ( sien skakel Aanlynklasse op Google Classroom) asook die d6 toep (app). Die werkswyse (bv. plasing van werk daagliks, weekliks, Google meet sessies en kalender met klaswerk) sal deur elke personeellid direk met die leerders in hul klas op Google Classroom gekommunikeer word.

8 N Leerder sal n notification ontvang wanneer nuwe werk geplaas word. Indien u enige probleme ondervind kontak asseblief die graadvoog. Graadvoogde: Graad 8: M du Preez Graad 9: S vd Merwe Graad 10: C Sinden Graad 11: M Haasbroek Graad 12: M Gillies DAT TOETSING (GRAAD 8) Om ouers en leerders by te staan in die besluitnemingsproses rondom gepaste vakkeuses in graad 9 (2023), word aanlegtoetsing by die skool aangebied vir alle Graad 8-leerders. Die graad 8-leerders het skrywes in verband met DAT toetsing ontvang.

9 Die skeurstrokie moet asseblief op 31 Januarie by die voogonderwyser ingehandig word. DOKUMENTASIE Die volgende belangrike dokumente is in harde kopie aan leerders uitgegee: Algemene voorwaardes en toelatingsbeleid Skoolfonds betalingsooreenkoms POPI Wet skrywe Die volledig, voltooide en getekende dokumente moet asseblief op Vrydag, 21 Januarie 2022 by die leerders se voogklas ingehandig word vir rekorddoeleindes. Let wel: Leerders wat afwesig was en die skrywes nie ontvang het nie, het geleentheid om die vorms na hul terugkeer in te handig.

10 GROENTJIEKONSERT (GR8) Ons is baie opgewonde om oudergewoonte die groentjiekonsert hierdie jaar by die skool in die skoolsaal aan te bied. As gevolg van COVID-19 protokol wat gevolg moet word, is daar egter n beperking op die aantal kaartjies wat ons kan verkoop. Ons het dit goedgedink om die konsert oor twee aande te hou. Ons gaan BEIDE aande eerste oopstel vir ouers en familie om kaartjies te koop. Indien daar dan nog plekke beskikbaar is, sal ons dit aan die res van die skool beskikbaar stel. Die kaartjies beloop R30 per persoon en gaan vanaf 21 Januarie deur die OMR-lede verkoop word tydens pouses in kamer 69.


Related search queries